Vermiste Langebaan-vrou se lyk gevind

Belinda Bredenhand

Belinda Bredenhand

Die polisie in die Wes-Kaap het bevestig dat Belinda Bredenhand (49) van Langebaan se liggaam gevind is nadat sy op Oujaarsdag vermis geraak het.

Bredenhand is omstreeks 20:30 Woensdagaand die laaste keer deur haar verloofde gesien toe hulle ʼn kuierplek verlaat het om strand toe te gaan. Haar handsak is voor Pearly’s-restaurant in Langebaan gevind.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat Bredenhand se liggaam Vrydag in die strandmeer gevind is. “Haar verloofde het die liggaam uitgeken. ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen.”

Volgens Van Wyk het Bredenhand se verloofde haar omstreeks 20:00 op Nuwejaarsdag amptelik as vermis aangemeld by die polisie. Die polisie Donderdag ’n span saamgestel bestaande uit lede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum, buurtwag en veiligheidspersoneel om na Bredenhand te soek.

“Hulle het van Langebaan-strand tot by Mykonos gesoek. Inligting is ontvang dat sy by ʼn Total-vulstasie in Langebaan gesien is. Kringtelevisiebeeldmateriaal is nagegaan maar dit het egter niks opgelewer nie.”

Van Wyk het gesê die polisie se seegrens-eenheid en Sanparke het Vrydag die strandmeer gefynkam waarna Bredenhan se liggaam gevind is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gideon Erasmus ·

Ek kry ‘n gevoel dat iets nie pluis is nie- wie het gebel om te sê sy is by motorhawe gesien? Ek dink as mens daardie persoon opspoor het jy dalk die moordenaar!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.