Vermiste leeuwyfie opgespoor

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Chris Rhoads/Unsplash)

ʼn 18 maande oue leeuwyfie wat twee weke gelede uit haar skuiling by ʼn wildreservaat naby Ventersburg in die Vrystaat ontsnap het, is gevind.

Sers. Mahlomola Kareli, woordvoerder van die polisie, sê die polisie in Ventersburg is op 23 September omstreeks 04:00 in kennis gestel van ʼn leeuwyfie wat sowat 5 km buite Ventersburg, in die rigting van Virginia, ontsnap het.

“ʼn Span van die departement van omgewingsake en natuurbewaring het ʼn soektog van stapel gestuur. Die leeuwyfie is Saterdagaand laat langs die kamp, van waar sy ontsnap het, opgemerk. Daar was pogings om haar aan te keer, maar sy moes ongelukkig van kant gemaak word.”

Verdere ondersoek het onthul dat 15 varke op ʼn plaaslike boer se plaas vrek is. “ʼn Ondersoek duur voort om te bepaal of dit die werk van die leeuwyfie was.”

Maroela Media het vroeër berig die leeuwyfie het glo in die nag, tydens beurtkrag, daarin geslaag om uit die omheinde reservaat te ontsnap. Die polisie is die Sondag omstreeks 04:00 van die leeu se ontsnapping in kennis gestel. Die polisie het inwoners in en om Ventersburg, Virginia en die omliggende gebiede gemaan om op hul hoede vir die leeu te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Casper ·

Was dit regtig nodig om haar van kant te maak.Dit is baie hartseer maar as dit nie anders kan nie wat maak jy.

Delia ·

Ek raai nou. Want ek is omgekrap. Hoekom doodgemaak. Die mense wat haar probeer vang het, was onbevoeg. En dan is die maklikste om te skiet. Want Omgewingsdept is ook seker nie meer wat dit was. Kon julle haar nie verdoof nie.
Maar ja, bullets is deesdae so maklik om te gebruik. Vir mense op mense en mense op diere.

Papsak ·

Ja hoekom haar nou van kant gemaak weet jy alles moet dood nee regtig kon haar net terug sit van waar sy uit gekom het nee kyk pateties

FRANCO ·

Ongelooflik hoe die kultuur van vernietiging in SA seëvier. In hierdie eeu waar mense in die ruimte leef, kan ‘n leeu nie gevang word nie en moet dit gedood word. Blykbaar weet ons nie van verdowingsmiddels nie.

vuurvliegie ·

Wat onaanvaarbaar is dat die boer wat die leeus aanhou geen UPS of backup krag stelsel in plek het as die krag afgaan nie. Dis makliker om loadshedding te blameer as om verantwoordelikheid te vat. Ek hoop die boer se aanhoudings permit word hersien en gekanseleer indien daar nie voldoende beheer is nie.

SjN ·

vuurvlieg, jy praat maklik, indien die eskom kaders dit gedoen het waarvoor hu reuse vergoeding ontvang sou dit nie gebeur het nie! Punt.

vuurvliegie ·

SiN Alles in die lewe moet ‘n Backup hê. Self jou motor het ‘n spaar band. Sonder hierdie band is jou voertuig onpadwaardig. As die boer se backup systeem gewerk het sou die leeu nie beurgebreuk en vankant gemaak word nie. Om die blaam na iemand ander te gooi het ‘n escape goat vir almal geword. Die boer bly verantwoordelik vir die leeu se doodskiet. PUNT!

Moedeloos ·

Met die aanhoudende kragontbrekings van tot 4 ure per slag of 3 x per dag vir 2.5 ure hou die batterye van UPS’e of backup krag stelsels ongelukkig nie. Die batterye kan nie vol laai in die kort tydperk wat daar krag is nie

vuurvliegie ·

Moedeloos wie loodshed jou dat jy so baie af is. Loadshedding is twee keer ‘n dag.

Moedeloos ·

2 Weke gelede toe sy ontsnap het was loadshedding baie erger as nou

vuurvliegie ·

Load shedding is twee keer per dag vir twee ure lank. Soms vat die ‘n ekstra 30 min om die bkr’s toe te kry na loadshedding. As hulle nog jou krag afsit kan dit “Load Reduction” wees agv oorbelading en wanbetalings veral op retiek lyne van plase. Google dit.

Perdeby ·

Ek verstaan nie, hoekom moes die leeu van kant gemaak word?????????? Wat van verdowing?? Julle is plein WREED!

Prikkie ·

Ontsnapte leeu word doodgeskiet en ontsnapte moordenaar/s?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.