Vermiste Limpopo-vliegtuig gevind

JONGSTE: Die polisie het intussen bevestig Jaco Jansen van Rensburg was die enigste insittende in die vliegtuig en het nie ‘n passasier by hom gehad soos vroeër berig nie. Lees die opvolgberig hier.

Jaco Jansen van Rensburg. Foto: Facebook

Jaco Jansen van Rensburg. Foto: Facebook

Die vliegtuig wat Woensdagaand tussen Bela-Bela en Vaalwater in Limpopo vermis geraak het, se wrak is gevind.

Jaco Jansen van Rensburg, ʼn sakeman en pa van Bela-Bela, en ʼn passasier het 11:00 Woensdag vanaf die wild-en-gholflandgoed Zebula in ʼn RV10-vliegtuig opgestyg op pad na Vaalwater, maar nooit daar aangekom nie. ʼn Noodboodskap is Woensdagaand op die plaaslike buurtwag se WhatsApp-groep uitgestuur om mense in kennis te stel dat die vliegtuig vermis is.

ʼn Oryx-helikopter is vanaf Pretoria ontplooi na ʼn gebied waar ʼn noodsein waargeneem is om na die vliegtuig te soek. Die wrak is vanoggend in die Rooiberg-gebied gevind, slegs ʼn paar kilometer van waar dit opgestyg het. Beide die insittendes is dood.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die wrak van ʼn vliegtuig in die Rooiberg-omgewing gevind is. Ngoepe wou egter nie onmiddellik meer inligting bekend maak nie en het gesê polisiebeamptes is steeds op die toneel en hy wag op terugvoer.

Maroela Media verneem ʼn paar mense, onder andere ʼn berader, is vroeër vanoggend na die Jansen van Rensburg-gesin se huis op Zebula om sy vrou en drie kinders die tragiese nuus mee te deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Nadia ·

RIP Jaco, jy was ‘n stunning mens, geleef vir jou Kids en jou vrou. Ons sal jou vriendelikheid baie mis. Sterkte Michelle, jou ondersteunings netwerk is groot!!

Dawie ·

Hierdie man was n rolmodel vir baie mense, sal myne wees vir die res van my lewe!! Dankie vir al die ongelooflike tye!! As ons gevlieg het, het jy altyd gese ons is veilig ..ek sal en wil nie weet wat het presies gebeur nie, al wat ons kan se is..VLIEG HOOG PEL

PvZ ·

Jaco was ‘n goeie mens. Hy het soveel mense se lewens positief aangeraak.

Gerhardt Nell ·

Baie jammer om hiervan te hoor. Sterkte vir vriende en familie.

Simon ·

Iets baie drasties moes hier gebeur het. Sal goed wees as ons kan weet.
n RV10 vliegtuig is een van die mees populere en veiligste tuis geboue vliegtuie wat elke dag vlieg.
Daar word seker al honderde van die soort vliegtuie wereldwyd bedryf.

Theresa B ·

Ag nee. Dis bitter hartseer. Baie sterkte aan die families.
Wat is dit dat al wat ‘n vliegtuig is, nou val……………..???

Leon ·

Ons is verslae en het nie woorde nie.
Jaco was ‘n ongelooflike ou.
Frans, Michelle en jul 3 pragtige kinders…julle is in ons gedagtes.Baie sterkte. Eendag sal vandag se nag weer lig word.

Wandi ·

Daar was geen passasiers in die vliegtuig nie!!! Die is inkorrekte feite!

Landi Slatter ·

Dagsê Wandi

Dankie vir jou navraag. Maroela Media het verneem Jaco Jansen van Rensburg was die enigste insittende in die vliegtuig en het nie ‘n passasier by hom gehad soos vroeër berig nie. Die polisie kon dit egter nog nie amptelik bevestig nie en Maroela Media wag op terugvoer. Intussen is die nuutste inligting by die bestaande berig bygevoeg.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Adele ·

Ons innige simpatie met die familie en sy vrou en kindertjies. Mag GOD jul styf vas hou en vertroos in hierdie hartseer tyd. GOD het ‘n engel kom haal om sy poorte te vul. Dink aan jul vernaam in die tyd. Sterkte.

Amanda ·

Ons dink aan julle in die tyd van hartseer Michelle. Ons dra julle in ons gebede. Vir jou en die kinders en die res van die familie. Xx

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.