Vermiste luislang in Benoni-winkel gevind

'n Burmese luislang. Foto: naturfoto.cz

‘n Burmese luislang. Foto: naturfoto.cz

ʼn 3.8m-lange Burmese luislang is buite haar hok gevind nadat haar verdwyning gister groot konsternasie veroorsaak het.

Bubbles, die slang, het Woensdagoggend uit ʼn troeteldierwinkel in die Oakfields-winkelsentrum in Benoni, oos van Johannesburg,  ontsnap.

“Sy is vanoggend [Donderdagoggend] gevind,” het Mark McGill, die eienaar van Titan Reptiles, aan Sapa gesê. “Een van die winkel se werknemers het haar vanoggend opgekrul op die vloer van die winkel gekry toe hy die deur oopsluit.”

McGill sê hy het geen idee waar Bubbles, wat op die een of ander manier uit haar hok ontsnap het, weggekruip het nie. Die 50m2-winkel is deursoek, maar sonder enige sukses.

“Ek het geen idee waar sy weggekruip het nie. Ek wag vir video-opnames [van die winkelsentrum] om te sien of sy die winkel verlaat het of nie,” het hy gesê.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.