Vermiste ma en seun dood gevind

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn KwaZulu-Natalse vrou en haar seun wat Saterdag in die Esidakeni-gebied naby Mandeni as vermis aangemeld is, se liggame is kort daarna in ʼn vars graf gevind.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê Nyoni-polisiebeamptes is na die nedersetting ontbied waar gemeenskapslede Zoe Buthelezi (49) en haar seun, Mthunzi Zulu (19), as vermis aangemeld het. Volgens die gemeenskap het hulle die twee Dinsdag laas gesien toe hulle by ʼn huis van een van hul familielede in ʼn rusie betrokke was.

Nadat die gemeenskap nie weer vir Buthelezi en Zulu gesien het nie, het hulle onraad vermoed en besluit om die polisie te ontbied.

Zwane het gesê polisiebeamptes het dadelik met hul ondersoek na die saak begin en het van die vermiste mense se familielede ondervra. “Terwyl hulle by die huis was waar die slagoffers die laaste keer gesien is, het die beamptes ʼn vars graf opgemerk en agterdogtig geraak.”

Die beamptes en lede van die gemeenskap het die graf opgegrawe en die liggame van Buthelezi en Zulu gevind. Volgens Zwane was Buthelezi se liggaam in stukke opgekap en in plastiek toegedraai.

“Die familielid wat vermoedelik betrokke is by die voorval is steeds soek,” het Zwane gesê. Twee aanklagte van moord word ondersoek. “Ons doen ʼn beroep op enigiemand met meer inligting oor die voorval om Stop Misdaad by 08600 10111 te skakel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JJP ·

Hoe kap jy n mens se liggaam in stukke!? Hoe werk jou brein terwyl jy dit doen? Ek verstaan nie die dinge nie….

Drieks ·

Waar in die wéreld kan daar wreeder mense wees as in RSA. Waneer gaan die presidenst op tv klim en gesprek voer hieroor. Of is dit kultuur en moet ons nie vrae hé nie.

Elvira Bothma ·

Presies. Wonder ook al lankal wanneer iets gese gaan word. Lyk my dis opdragte wat uitgevoer word. Dis n skande dat boere so aangeval word. Soooo keelvol vir hierdie land.

VERSKRIKLIK ·

Daar vind elke dag wrede moorde op swartmense en witmense plaas. Dit is maar net ‘in orde’ met die regering en aan die wit moorde word daar nie eers iets gedoen nie, moorde op swartes kry nog ‘n bietjie aandag vir politieke gewin. Die aksies word al hoe wreder, kookwater, byle, hammers, bore, machettes, maar die mense in SA wil nog ‘saamleef’ en dink dat daar vrede in hierdie land gaan wees. Laat ek julle vertel, al verlaat al die blankes SA, gaan die ander nasies wat hier agterbly mekaar verder OPKAP en met kookolie verbrand en met ysters slaan, jy kan die PSIGE van ‘n mens nie verander nie. EN solank as wat die regering toelaat dat hulle wittes op plase opkap en ‘n swart onskuldige ma en kind in ‘n township, dan is JY as regering besig om te FAAL. RIV mense, niemand verdien om so dood te gaan nie.

DinkWatEkWil ·

Het ‘n nasionale blom
Het ‘n nasionale voel
Het ‘n nasionale bok
Het ‘n nasionale vis
Het ‘n nasionale boom

so al wat blykbaar oorgebly het ‘n nasionale sport – wreedaardige moorde.

Penellope Jones ·

Liewe genugtig tog.
Hoe absoluut wreed kan mens wees?
Ek begryp nie.

PJC ·

Wat ń barbaarse manier om ń rusie te besleg. Dit wys weereens wat van ons land geword het en hoe onveilig almal se lewens geword het.

Heidi ·

Lees wat was die lot van Siam Lee. Waarmee was haar ma besig met haar 20 Jarige dogter! Skokkend! Dis nie kleur wat jou onderskei nie, die tragedie van absolute evil wat chaos saai. Duiwel wat toegelaat word in jou huis. Die hartseer is wat nagelaat word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.