Vermiste ma en seun opgespoor

Jaydon en Nadia Venter.

Jaydon en Nadia Venter.

Die ma en haar tweejarige seuntjie van Germiston aan die Oos-Rand wat op 14 Oktober spoorloos verdwyn het, is spoedig opgespoor nadat inligting oor hul verdwyning bekend gemaak is.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het vandeesweek pamflette van Nadia (22) en Jaydon Venter (2) versprei in die hoop dat iemand hulle sal herken en die Alberton-polisie in hul ondersoek kan bystaan.

Maroela Media het Dinsdag berig Jaydon en sy ma woon saam in Elspark. Hulle is die laaste keer saam in Edenvale gesien. Nadia se ma het hulle as vermis aangemeld nadat sy  Nadia nie kon opspoor nie.

Rechner het Woensdag aan Maroela Media gesê Nadia en Jaydon is saam opgespoor en is veilig en ongedeerd. “Die polisie het hul ondersoek afgehandel en die saak is gesluit. Ons wil almal bedank wat inligting oor die ma en kind versprei het. Dit het beslis bygedra om die ondersoek op te los,” het Rechner gesê.

Volgens Rechner kan daar weens die aard van die saak nie verdere inligting bekend gemaak word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Lettie ·

Bly hulle is gevind maak nie saak wat die omstandighede is nie. Daar is ‘n ou seuntjie betrokke en nou kan haar ouers weer slaap.

Lettie ·

Onder die omstandighede is ‘n mens dankbaar dat hulle veilig is.

pop ·

Dis ook besig om vervelig te raak. Ek noem dit bloot onbeskof om net te verdwyn. Wees tog bedagsaam en laat weet jou mense waar jy jou bevind.

piet ·

Hoekom wil hulle nie kommentaar lewer nie.ek sien dit gebeur dikwels dat daar nie kommentaar gelewer wil word as persone weg was en gevind word nie.Wat moet ons as lesers dink,,,,,,,weer weggeloop of so iets…geen misdryf nie

anon ·

Hulle wil seker nie verdere besonderhede gee nie, omdat daar vermoet word dat haar pa en een vriendin betrokke was bydie “verdwyning”.

Martin ·

As hulle vermis word, vra hulle hulp. As hulle gevind word kan daar agv. die aard van die saak geen verdere inligting bekend gemaak word nie.

BoereBikerBaby ·

Ek is bly altwee is veilig, en ja ek stem saam pop, mense moet ophou so selfsugtig wees en net wil “verdwyn” omdat jy dalk nie jou sin gekry het en jou gewip het nie (ek se nie dis wat hier gebeur het nie, baie tieners doen dit mos deesdae en besef nie die stress wat hulle aan hul naasbestaandes aandoen nie).

charmaine ·

Onder omstandige seker weer gevlug van n man af. En in vandag se lewe kan jy net “verdwyn” nie. Laat ten minste 1 person weet wat jy kan vertrou of help gaan na n hawe van veiligheid.

Rooiman ·

Maroela Media, in belang van die behoud van ons lieflike taal, suiwer taalgebruik en die mooi beeld van Maroela Media: Die sin in die eerste paragraaf wat lees “nadat inligting oor hul verdwyning publiek gemaak is.” Inligting word nie publiek gemaak nie, dit word bekend gemaak. Die engelse sê “information was made public’, so dit is ‘n swak direkte vertaling. Die sin moet lees:”nadat inligting oor hulle verdwyning bekend gemaak is.

Martin ·

Rooiman, baie goeie kommentaar. Miskien moet Maroela volgende keer eers met jou konsulteer voordat hulle berigte plaas. Ek glo dit gaan alle foute vir ons uitskakel.

Johan 2 ·

Ek stem saam Martin, n gratis diens soos die kort mense wat aksie by hul kritiek sal sit. Kom nou Rooiman gee jou inligting deur en maak n positiewe bydrae. Eerder as kritiek later.

Rooiman ·

Nietemin, ek is ook bly hulle is veilig. Te min goeie stories deesdae…

Sune van Heerden ·

Dagsê Rooiman

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Ons wysig die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Ben ☺☺☺ ·

Ek like jou – daar is na bewering ook `n woord – “skieter ” wat ek nog nooit geken het nie.

Peet Schabort ·

Tog nie so onbekend nie Ben die woord “skieter”. Ek sien my “Verklarende Afrikaanse Woordeboek van Kritzinger, Labuschagne en Pienaar van 1972 verduidelik “skieter” met “iemand wat dinamiet laat ontplof; iem. wat skiet” en nog verdere betekenisse.
Dan is “skut” se verklaring “iem. wat skiet: (Jan is ‘n goeie skut).
Dit klink eerder reg met ‘n “goeie skut” eerder as “goeie skieter”.
Kyk regs bo is die snuffelhoekie van Maroela. Tik in “Padwoedeskieter kry tronkstraf” waar Suné reeds die vraag geantwoord het aan ene “Ben ☺☺☺”. Dalk nog jy Ben?

Hannelie ·

Dankie Pop, stem 100% saam met jou. Ek is dankbaar hul is veilig, maar om jou familie die trauma en onsekerheid te spaar, dink ek sy het bietjie kinderagtig opgetree.

KarenG ·

Ek voel jy hoef nie eers vir my te se waar jy is nie, maar laat my ten minste net weet of jy veilig is, ens. Veral in vandag se tye kan jy nie net verdwyn nie!’

Jen ·

Asof ons blankes nie al genoeg het om ons oor te bekommeer nie…dink net dis uiters swak om nie net vir iemand in die familie te se hul is ok nie en almal se senuwees op hol te jaag…sies vir jou

SI ·

Pop, eenvoudig, moet dit nie lees nie. Die “Pink Ladies” doen soveel goeie werk, dis maar al rede hoekom dit deesdae meer in die koerante is. Dankie vir hulle!

Meisie ·

Dis mense soos die wat veroorsaak dat ons almal nie veel aandag gaan gee as iemand regtig verdwyn nie !!

Stuart ·

Meisie ja, hulle noem dit “cry wolf” en dis wat gaan gebeur. Mense gaan anderhand nie meer reageer want net dalk is dit weer sommer aandag soek. Ek lees alreeds sulke berigte ligweg deesdae want mens weet nie is dit nou regtig ernstige ontvoering of aandag soek of wat. Aan SI : dis so kinderagtig om altyd te sê “moet dit dan nie lees nie” – die simpelste kommentaar ooit. Mens hoop altyd dat mens redes na sulkes gevind is hoor vir hul daad. Dis waarom die in die nuus verskyn. Mens lees dit juis omdat mens wil weet is dit regte ontvoering, kan mens help of wat. Niemand het die Pink Ladies gekritiseer nie

Beatrix Stevens ·

Baie bly dat Ma en Kind darem veilig is… en die storie darem nie n Sad einde het nie”jammer om van die onderwerp te verander … MAAR”” Weet enige iemand of hul al vir Charlie ( vermiste seun) opgespoor het?? weet nie of ek dalk daai berig gemis het”’ Well Done aan die Pink Ladies vir jul Puik werk…

Sune van Heerden ·

Dagsê Beatrix

Dankie vir jou navraag. Daar is ongelukkig nog geen nuus oor Charlie nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Beatrix Stevens ·

Ag dit so jammer… regtig al gehoop dat die kind gevind is… die arm ouers moet al buite hulself wees…. Waar kan hy wees??? Mag daar nogsteeds n wonderwerk gebeur?? Bid vir daai Ouers

Baie dankie vir jou reply… waardeer… want probeer elke dag al die nuus volg, ”

Groette

nig ·

Se net, dan tree ons nie soos kinders op nie. Mens neem altyd ander in ag en wil nie mense onnodig bekommernis gee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.