Vermiste ma se liggaam gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die vrou wat vermis geraak het nadat sy haar seun en ander kinders uit die Bergrivier in die Paarl help red het, se liggaam is gevind.

Kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggaam is deur polisieduikers gevind. ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen.

Volgens Kinana is die polisie omstreeks 16:00 Sondagmiddag na Langstraatbrug ontbied na berigte van ʼn verdrinking. “Vier kinders tussen die ouderdomme van 12 en 13 het in die rivier geswem en in die moeilikheid beland.”

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het vroeër gesê die ma en nog ʼn vrou het in die water gespring om die kinders te red. Al die kinders is uit die water gered en na die Paarl-provinsiale hospitaal geneem vir behandeling. Die ma is deur sterk strome die rivier af gesleur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.