Vermiste ma se lyk in sloot gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van Yolanda Leticia Pienaar, ʼn 26-jarige inwoner van Ladybrand in die Vrystaat en die ma van twee kinders, is Woensdag gevind kort nadat sy as vermis aangemeld is.

Konst. Sinah Mpakane, polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê Pienaar is voordat haar liggaam ontdek is, deur haar man as vermis aangemeld. Hulle het twee dogters en woon in die Mauersnek-uitbreiding.

“Ons wag nog vir meer inligting van die ondersoekbeampte oor wanneer sy presies as vermis aangemeld is,” het Mpakane gesê.

Sy het gesê Pienaar se liggaam is in ʼn sloot tussen rotse in die omgewing opgespoor nadat ʼn beampte van die plaaslike honde-eenheid ʼn oproep van ʼn informant gekry het dat daar ʼn liggaam was.

“Die oorledene het ʼn snywond aan haar keel gehad en haar liggaam is aan die brand gesteek. Sy is onherkenbaar verbrand. Haar familie kon haar slegs uitken deur die kouse wat sy aangehad het,” het Mpakane bygevoeg.

ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood te bepaal. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

CHRISTA ·

So iets is nie veronderstel om in die beskawing te gebeur nie!

joe ·

In my 64jr se lewe raak ons land al woester hierdie gebeure raak nie minder nie . Leer die mense van ons ou landjie bymekaar om so wreed te wees . Moord en doodslag dag vir dag

Gideon ·

Ek hoop ek is verkeerd, maar het so snaakse gevoel gekry toe ek die berig lees!

Susan ·

CI mense CI, maar ja dit klink so of dit iemand is wat naby aan haar was……. Sal maar wag ek sien.

Theresa ·

Elke dag sê ek vir myself ek gaan nie meer koerant lees nie. Alles is net upsetting en word net erger. Geen dag is anders as moord, roof en doodslag nie. Wat word van die wêreld? Eintlik is dit nie die land of wêreld nie – dis die mense. Mense sonder God in hulle lewe. En dit word net meer en meer.

Jakoba ·

Og ek sien die Phsycic mediums is almal vandag weer op die forum met hulle gevoelens. Miskien moet julle aansoek doen by die polisie en die saak in ‘n sekond oplos.

Homer J Simpson ·

Ek ruik n rot hier uit die vaal. Klink net te verdag ! Sterkte aan daai arme kids en die familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.