Vermiste Malelane-man dood gevind

Wouter Vosloo

Wouter Vosloo

Wouter Vosloo (50), die man wat op 10 Junie spoorloos verdwyn het in Malelane in Mpumalanga, se liggaam is Maandagoggend gevind.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê Vosloo se liggaam is Maandag omstreeks 06:00 deur ʼn verbyganger gevind. Volgens Sedibe is die liggaam in ʼn veld naby Fish Eagle Bend gevind. Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van Vosloo se dood te bepaal.

Vosloo is op 10 Junie omstreeks 15:00 die laaste keer by sy huis in die Fish Eagle Bend-woonbuurt gesien. Die Corridor Gazette berig Vosloo se vrou, Lizette, het vroeër gesê haar man het graag gaan stap en dat niemand om dié rede onraad vermoed het toe hy by die huis uit is nie.

Verskeie inwoners, verteenwoordigers van veiligheidsmaatskappye en die polisie het verskeie soektogte na Vosloo van stapel gestuur ná sy verdwyning, maar sonder sukses.

Vosloo laat ook twee kinders agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Karoo meisie ·

Wat gaan deesdae aan,elje dag hoor mens nou van mense wat verdwyn en vermoor word!! Dis regtig skrikwekend.Maar lyk my hul doen dit want hul word nie swaar gestraf nie,of die tronk is lekker.dan het hul ook depressie!!!????

KarooKlong ·

Jy’s reg, en nog klomp ander redes ook. Die straf skrik hulle nie af nie, daarom die toename.

Hannelie ·

Jy is so reg! Hulle kan sien hul kan moor en sal niks oorkom, want hulle word “beskerm”. In die tronk lewe hulle so lekker en buite die tronk nog lekkerder. So hul kan met ‘n mens se lewe maak wat hul wil!

Lee ·

Ag shame dit is verskriklik. Sterkte aan sy vrou en kinders en die familie. Ek het dit op fb gevolg en so gehoop hulle kry hom lewendig. Rus in Vrede Wouter Vosloo…

Gesiggie ·

Dit maak n mens bang, al die soort dinge wat om ons gebeur, en ons as Laevelders alreeds 2 mense verloor, eers Annetjie en nou Wouter..Aan Mev Vosloo en jul kinders asook Familie mag God jul vertroos, mag jul vrae beantwoord word.. n mens wil nie meer die nuus berigte lees, want dit is skokkend… Ek hoop die wat betrokke was, se straf is hard..mense se lewens word onnodig van hul af weggevat.. RIP Wouter en ook Annetjie

anoniem ·

BRING DIE DOODSTRAF TERUG!!!!!!!!! Jammer aan Annetjie se gesin vir die tragiese omstandighede waaraan sy oorlede is, en Wouter se familie ook vir julle hartseer in die tyd. God sal julle sterk hou in die tyd.

jannie ·

My vrou en ek is ook lief om te gaan stap elke oggend maar soos dinge in hierdie land aangaan sal dit ook nou moet ten einde kom Sal gou brood en melk gaan koop en terug haas huistoe en alles sluit terwyl die moordenaars en verkragters buite rondloop soos n brullende leeu opsoek na iets om te verslind

Esmay ·

Haha Jannie. Dit was nou goed gesè.
Nou moet ons net wagstaan beurte uitwerk terwyl ons binne ons huise is !!!!!

Irene ·

Wonder wie se tong sit agter hierdie moorde. Mensig mens kan nie eens meer asem haal in hierdie moordadige land nie. Het hierdie moordenaars geen gevoel vir mense nie wonder watter nasie doen dit

Elgeraine ·

Dis darem nou te erg, dis skokkend, hoeveel mense moet ons nog verloor?Mens het nie meer woorde nie.. Sterkte aan sy familie

Willie ·

Skokend! Hoe loods mens n wereldwye petisie? Hierdie moored is n doelbewiste uitwissing van mense? Baie sterkte vir die familie! Mag God julle dra deur die moeilikke tyd!

Riana ·

Ek gaan stap ook elke oggend maar gaan ni dat dit my vreugde steel om op te hou nie ek bid Jesus se bloed oor my elke keer as ek gaan stap en vertrou op sy beskerming

Dapper stapper ·

Bid alleen help nie. Vat een of ander wapen saam met jou waarmee jy jouself kan verdedig!

Theuns ·

Omdat boere en dorpsmense meer paraat is waar hulle woon raak dit nou makliker om buite jou Hek of Woonplek oorrompel te word. Wouter is dalk net vir sy horlosie, telefoon of skoene beroof. Dit op sigself is geld! Vermoed dit is weer buitelanders. Kyk net hoe naby is ons aan die grense van Mozambiek en Zimbabwe. Onthou Rob Mugabe se polisie en weermag het nog nie laas maand geld gekry nie! Dis mos nou maklik om gou iets in SA te gaan roof. Dit gaan ook nou moeilik wees om die mense te vang omdat wouter al ‘n hele ruk weg is. Die mense is seker al oor die grens. Nog ‘n moontlikheid is dat die selfde mense wat vir Annatjie se dood veranwoordelik is ook vir Wouter vermoor het. Die modus Operandi is die selfde!

Aster ·

Hierdie is nou weer eens ‘n bewys dat SA nie veilig is nie, nie eers veilig genoeg om te gaan stap nie. Wees paraad! Ons dink dit kan nie met ons gebeur nie, maar kom ek sê in vandag se tyd is enige iets moontlik. Dis hoe dinge gaan aanhou in SA, ons kan maar tik “bring die doodstraf terug” tot ons blou word…dit GAAN NIE terug kom nie. Vat eerder jou goed en trek uit SA vir ‘n beter en veiliger toekoms. Laat SA maar verder vrot tot hy nie meer kan vrot nie, want hier seevier net brutaliteit, geweld, moord, korrupsie, onregverdigheid, haat, rassisme en dood.

Berhalet Beukes ·

Ek sterf eerder trots Afrikaner as wat ek stert tussen die bene vlug omdat die hele Afrika besluit het hulle het meer reg op lewe in my land van geboorte as ek.

Uiltjie ·

Ek sweer erens sit n derde mag after hierdie moorde. Waar is intelligensie eenheid? Dit kan nie wees dat die SAPD SO SWAK kan wees nie! Hulls loop en tel dan jou net lyke op!

Berhalet Beukes ·

Dit kán wees dat die SAPD so swak is. Probeer hulle gedurende ‘n inbraak kontak en kyk of jy antwoord kry. Dit is wat dit is, die handjie vol goeie SAPD lede sit met ‘n helse stryd, hulle kan ook net soveel doen.

KP ·

Aster ek wens almal wil soos jy redineer. Ons kan God vra om ons te beskerm maar sal self ook proaktief moet optree.

Berhalet Beukes ·

Die hele SAPD moet proaktief raak (nie net sommige lede wat wel trots in hulle werk het en dit ernstig opneem nie), ophou om dik maters met staatsvoertuie rond te ry, vrouens in die parkie te sit en “onthaal”, hulself dik te vreet aan KFC waarvoor ons betaal en ‘n slag WERK vir die salaris wat ons dra!

M ·

Dis baie duidelik dat hierdie mense daarop uit is om wittes uit te moor.

Joann ·

Jammer vir die familie. Ek wonder het hy nie dalk hartaanval gehad of slang hom gepik nie,of is hy vermoor?

Thea ·

As die doodstraf nog getel het. Sou al die moorde nie gebeur het nie

Cherokee ·

Een sin in die berig laat dit klink asof dit miskien nie moord was nie. ‘Niemand het onraad vermoed toe hy by die huis uit is nie.’ As daardie sin reg geskryf is vertel dit dalk ‘n ander storie.

Laevelder ·

Jy is reg, daar sal waarskynlik meer uitkom tydens die polisie ondersoek. Die omstandighede is baie vreemd.

Louise ·

Cherokee, jy weet nie waar deur sy familie die afgelope 10 dae is nie, as jy wil kommentaar lewer, maak dit eerder positief as om nog verdere hartseer vir almal te veroorsaak, wag tot so iets naby jou familie gebeur dan praat ons weer,.

Sampie ·

Dapper stapper bid help altyd, vat jou wapen altyd saam jou en bid dat dit nie nodig sal wees om hom te gebruik nie.

corra ·

Ek werk as n reservis in di SAP en ek is trots om elke oggend my uniform aan te trek en uit te gaan om my medemens te help ek raak so kwaad oor al di moorde maar die SAP se hande is ook partykeer afgekap.

Driekie ·

As jou geloof sterk is en jy bid die bloed van Jesus oor jou en jou familie dan het jy nie n wapen nodig. Ons as kinders van God moet eerder saam staan en begin bid vir ons land. Net God alleen kan ons land red. Aan Wouter se vrou ,kinders en familie kan ek net se hou aan Jesus vas en Hy sal jul smart ligter maak. Ons bid vir jul

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.