Vermiste man (78) opgespoor ná soektog

Rassie Erasmus (78) van Hartenbos (Foto: Facebook)

Rassie Erasmus (78), die man van Hartenbos in die Wes-Kaap wat sedert Sondagoggend vermis was, is Dinsdagoggend opgespoor.

Maroela Media het vroeër berig Erasmus was op pad Namibië toe om vir sy kinders te gaan kuier, toe hy deur verkeersbeamptes voorgekeer is omdat sy motorlisensie verval het. Die verkeersbeamptes het hom verbied om verder te ry, en hom terug na die Oudtshoorn-pad geneem sodat hy huis toe kan ry. Hy is Maandag die laaste keer op ʼn plaas gesien waar hy ʼn boer vir brandstof gevra het ná sy petrol opgeraak het.

Aletta van de Vyver, ʼn familielid, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die boer en ondersoekspanne het Erasmus se bakkie vroegoggend 30 km van die boer se plaas gekry. Die bakkie was gesluit en Erasmus skoonveld.

Volgens Van de Vyver het ondersoekspanne sy voetspore en selfoonsein gebruik om hom te soek. “Hy is vanoggend in die berge gekry. Volgens die polisie was hy koud en deurmekaar, maar ongedeerd,” sê sy.

Van de Vyver sê Erasmus, wat aan Alzheimer se siekte ly, het sy bakkie gesluit en vermoedelik gaan hulp soek. Sy sê hy moes egter deurmekaar geraak het omdat hy nie die omgewing ken nie, en het daarom twee aande lank in die berge deurgebring voor hy opgespoor is.

Die gesin sê hulle is dankbaar teenoor elkeen wat deel van die soektog gevorm of die storie help versprei het. “Honderde mense van oor die land het ons genader om te help soek na hom. Die reaksie was oorweldigend, en ons is baie dankbaar.”

Sy sê Erasmus se geestelike toestand is steeds baie positief, en hy is ook onafhanklik. “Hy is oorspronklik van Namibië en het ʼn huis daar ook benewens sy huis in Hartenbos. Hy ry minstens drie of vier keer ʼn jaar Namibië toe, en is heeltemal oukei en gesond. Ons is ʼn hegte gesin wat baie vir mekaar omgee, en het hom nie aan sy eie lot oorgelaat nie. Hy was nog altyd piekfyn om te ry, en daar was geen gevaartekens nie. Dít is bloot net ʼn uitskietergeval, hy was net deurmekaar omdat hy nie die ligging kon herken nie.”

Erasmus se kinders is tans op pad om hom te gaan oplaai en huis toe te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Susan ·

Aag siestog. Ek is so bly hy is ongedeerd!
Daar kom ‘n tyd in die lewe van elke mens om van sekere dinge afstand te doen en ek dink dit is nou tyd vir jou pa om die onafhanklikheid wat die bestuur betref, prys te gee. Ons lewe in so ‘n gevaarllike wereld en wie weet wat kan hom oorkom as dit weer gebeur, selfs wanneer hy nie deurmekaar is nie maar alleen. ‘n Bejaarde is so ‘n sagte teiken. Baie liefde en sterkte vir julle hele gesin.

JudyCupcake ·

Ag Siestog Oupatjie is bitter bly hy is veilig shame xxx

Nakkie ·

Vir ‘n slag goeie nuus! Lekker om te hoor die oom is veilig.

Sputnik ·

Só bly en dankbaar dat dit goed afgeloop het! Dankie, Vader.

MissDemeanor ·

Dankie Lyn ek is seker jou gebed het n verskil gemaak.

Stan ·

Baie bly Oom Rassie is veilg en die familie is herenig. Sterkte voorentoe.

Lcom ·

Kry vir oom rassie n GPS opspoorings horlosie, julle sal dadelik weet waar hy is.

Piet Pompies ·

My pa het ook die siekte gehad en deur hom in te kort het probleme veroorsaak. Vryheid met toesig was ons reel en dit het gehelp tot die einde. Hierdie is ook mense, hulle het baie liefde nodig.

Rina ·

Ja oom Rassie was altyd n baie besige man wat agv sy tiepe werk baie rond gery het. Ek kan my nie in dink dat hy ooit stil gehou kan word op een plek nie! So bly ons oompie is veilig ons was baie bekommerd.

Tammy ·

Wonderlike nuus!!! Pas hom mooi op, hy is so broos en so kosbaar!!! Fantastiese ouderdom om nog self te kan rond beweeg.

JA ·

Dit is ‘n wekroep vir ons almal met ouers wat die ouderdom bereik. Ek is werklik bevoorrreg, op 64, om nog ‘n wonderlike skoonpa te hê, lekker doof maar vir my kosbaar. Ons moet hul oppas so goed ons kan.

Abrie ·

Ek is baie bly dat Oom Rassie veilig is. Pas hom mooi op. Alzheimers se vordering raak later baie erg. My moeder was lank so en het skielik so vererger. Oorlede nou.

Carien ·

Dit is wonderlike nuus, so bly oom Rassie is veilig en herenig met sy geliefdes.
Pas hom op mensies, hy is kosbaar, wat ‘n voorreg om hom nog by julle te hê. En dat hy op so ‘n hoë ouderdom, boonop met Altzheimers nog na homself omsien dit is voorwaar baie goed……♡

Cheryl ·

Baie baie bly oom Rassie is veilig….Liewe Jesus het sy kosbare jeweel opgepas in die bitter koue. Baie liefde vir oom.

nhk ·

Rasie gebruik die vliegtuig van nou af. Dank die Vader jy is veilig

Ashlee ·

Nhk, presies waaraan ek dink. Puik. Ek vlieg weekliks LAX-Seattle in minder as 3 uur. Selfde afstand ongeveer. Waarom sal die omie nou wragtig wil bestuur??

Ashlee ·

Maroela verduidelik tog. Werk julle ouens 9-5 of wat? Ek meen, nuus word en moet mos gedek word al om die uur. Ligte uit by julle, is oggend by my. Maar tussen daardie tyd het jul nuusblad ure pouse. Kom nou, ou nuus is geen nuus. Vra maar net.

Therese van Schalkwyk ·

Ashlee

Maroela is ‘n gratis “Afrikaanse nuus- en kuierplek”, soos bo aan dié blad aangedui, en nié ‘n tradisionele koerant met ‘n swetterjoel joernaliste wat dag en nag rondhol vir nuus nie.

Waardeer en geniet!

MissDemeanor ·

Ag Ashlee. Kommaan. Die is die enigste plek waar mens gratis nuus kan lees in Afrikaans en sonder om deur advertensies gebombardeer te word. Toegegee Maroela Media is geen groot nuus organisasie wat elke uur “Breaking News” publiseer nie, maar ek lees elke dag ietsie nuuts hier en ook dinge wat nie gepubliseer word op news24, Mail n Guardian en Daily Maverick (my ander gunsteling koerante) nie. Gaan aan met julle goeie werk MaroelaMedia.

Boetman ·

Saam met julle baie bly en dankbaar. ( wonder of mm hierdie boodskap van my sal plaas?)

Chris ·

In terme waarvan kan die Verkeerspolisie hom verbied om verder te ry, ?? ‘n boete vir die motor lisensie wat verval het ja, iewers is iets nie pluis nie?

J ·

Dankbaar…jonk of oud..As kan moet mens nié meer alleen ver ry …. volgende keer dalk nie so gelukkig wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.