Vermiste man dood gevind

Gideon Stephanus Perold

Gideon Stephanus Perold

Gideon Stephanus Perold (59), ʼn bankier van Durbanville in Kaapstad wat sedert 11 Junie vermis was, se dood is Donderdag deur DNS-toetse bevestig.

“ʼn Veiligheidswag het op 5 Julie op ʼn liggaam afgekom by ʼn dam in die Majik-woud,” het Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, Donderdag aan Maroela Media gesê. “Die wag het Perold se vermistepersoon-plakkaat by hom gehad en ons gekontak.”

Rechner het gesê die kleredrag aan die liggaam, wat toe reeds ontbind het, het by Perold se beskrywing gepas. Die uitslag van die DNS-toetse is vandag bekend gemaak.

Perold se broer het hom in Junie by die polisie as vermis aangemeld nadat sy motor verlate naby die woud aangetref is. Sy Toyota Corolla, is op die hoek van Jip de Jagerweg en Van Riebeeckshofweg gevind. Hy het alleen gewoon en sy buurman was die persoon wat hom laaste gesien het.

Rechner het namens die Pink Ladies die polisie en al die rolspelers in die ondersoek bedank. “Ons innige simpatie aan sy familie en vriende.”

Maroela Media wag nog vir terugvoer van die Wes-Kaapse polisie. Na wat verneem word vermoed die polisie geen vuilspel nie.

Lees ook:
Nog geen spoor van vermiste Kaapse man
Kaapstad-man soek ná voertuig verlate gevind is

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.