Vermiste man lewend op berg gevind

Die toneel waar James gevind is. Foto: Verskaf

Die toneel waar James gevind is. Foto: Verskaf

Chris James, die 27-jarige man van Witbank wat sedert 1 Desember vermis was, is Vrydag op ʼn berg naby die Bridal Veil-waterval in Sabie, Mpumalanga gevind.

ʼn Grootskaalse soektog na James is Vrydagoggend van stapel gestuur nadat sy voertuig, ʼn wit Chevrolet Spark, Donderdagaand op ʼn grondpaadjie naby die waterval in ʼn dig bebosde gebied van die plantasie gevind is.

Sy suster, Sylvia, het vanuit Witbank aan Maroela Media gesê haar broer is op die berg gevind. Hy is beseer, gedehidreer en is deur die son gebrand. “Ek weet nog glad nie wat die aard van sy beserings is nie. My ouer broer, Gavin, is in Sabie en kry nog meer inligting. Al wat ek tans weet is dat Chris lewend is, en dit is vir ons ʼn groot verligting,” het Sylvia gesê.

Paramedici was steeds besig om vervoerreëlings vir James te tref om hom by ʼn hospitaal te kry vir behandeling, toe Maroela Media met Sylvia gepraat het.

James, wat by Sylvia woon, is op 1 Desember die oggend om 07:00 vir die laaste keer gesien toe hy werk toe sou ry. Hy het egter nooit by die werk opgedaag nie, en het ook nie die aand teruggekeer huis toe nie. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Magda Bekker ·

Lede van ORRU (Off Road Rescue Unit) is hierdie week in Sabie vir hulle jaarlikse opleidingskursus, toe hulle die call out gekry het vir ‘n vermiste person.
Dis wonderlik dat ORRU saam met die Polisie & K9 unit vir Chris gevind het.
Dankbaar saam met sy familie dat hy lewend is.

Delia ·

Saam met almal ook soooooo bly….het allerhande voorspooksels gekry, maar eind goed, alles goed! Nou moet hy net gou-gou reg kom

pop ·

En laat weet ons tog wat gebeur het dat hy so weggeraak het. Anders sit ons en se”wonder hoekom die man so weg was, het hy geheuverlies of iets gekry???” Ons is n nuuskierige nasie, ok

lillian ·

Ag dank die Vader … het die ergste verwag! Wonder wat is die storie hieragter …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.