Vermiste man se liggaam dalk gevind

Jacobus Kriel. Foto: Facebook

Jacobus Kriel (29) van Reitz in die Vrystaat word sedert Februarie vermis, maar ʼn liggaam wat ʼn maand later op Tafelberg gevind is, kan moontlik antwoorde bring vir sy ouers.

Kriel, ʼn ingenieur, is op 10 Februarie die laaste keer in die Reitz-distrik gesien. Hy het glo met ʼn toer van die land begin. Sy ouers, Dawid en Mercia, het egter begin bekommerd raak toe hulle hom nie in die hande kon kry nie en hy is as vermis aangemeld.

Kriel se silwer Toyota Prado is verlede week in ’n parkeerterrein op die Universiteit van Kaapstad se kampus gevind. Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het bevestig die motor wat in die parkeerterrein gevind is, is in Kriel se naam geregistreer.

Konst. Samantha Adonis, ook ʼn woordvoerder van die polisie, het intussen bevestig dat Kriel se ouers tans in Kaapstad is waar hulle ondervra word. “Dit is egter nog te vroeg om in dié stadium te spekuleer oor die uitkoms van ons ondersoek en die forensiese uitslae.

“Die omstandighede rondom die ontdekking van die liggaam word steeds ondersoek en die persoon se identiteit is nog nie vasgestel nie,” het Adonis gesê met verwysing na die liggaam van die jong man wat in Maart op Tafelberg gevind is.

Volgens Rwexana word daar op die uitslae van DNS-toetse gewag om die liggaam wat op Tafelberg gevind is, te identifiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Sterkte en krag aan die ouers en ander geliefdes. Dis iets wat niemand behoort deur te gaan nie.

SUSAN MEINTJES ·

MERCIA EN DAWID,ONS GEBEDE GAAN UIT NA JULLE IN HIERDIE TYD WAT JULLE MOET WAG VIR UITSLAE!!!MAG GOD JULLE STYFVASHOU!!♥♥

Lydia ·

Baie sterkte aan hierdie familie. Hopelik sal al die vrae binnekort beantwoord wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.