Vermiste man se liggaam gevind

Argieffoto: Kent Williamson

Die liggaam van ʼn naakte man is Maandag in ʼn oop veld buite Centurion gevind.

Konst. Mandlakayise Zwane, polisiewoordvoerder, het gesê die man is op sy maag aangetref, sy hande en bene was vasgemaak en sy mond was toegebind.

“Die man het verskeie sigbare beserings opgedoen. ʼn Hoop klere en ʼn hele paar bloedbevlekte klippe en stene is naby sy liggaam gevind,” het Zwane gesê.

By verdere ondersoek is daar vasgestel dat die oorledene Lawrence Choena Mojela (35) is, ʼn man wat Sondag by die Atteridgeville-polisiestasie as vermis aangemeld is.

Die Erasmia-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die moontlikheid dat dit ʼn geval is waar die publiek reg in eie hande geneem het, kan nie uitgesluit word nie.

“Die polisie wil ʼn streng waarskuwing aan alle gemeenskappe rig om nie reg in eie hande te neem nie. Lede van die publiek word aangemoedig om alle misdrywe by die polisie of hul gemeenskapspolisiëringsforum aan te meld,” het Zwane gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Pieterlewismuts ·

Om die saak by polisie aan te gee is so goed as om die skirminkels smmer maar net te laat loop.

Hennie ·

Mense sien dat strawwe wat opgelê word te lig is en in sommige gevalle kom skurke skotvry daarvan af en dis waarom gemeenskappe reg in eie hande neem. Die doodstraf moet terugkom en dit sal baie beter in hierdie land gaan!

Adri ·

Hennie, wil jy regtig die reg om dood te maak in die hande van ons regstelsel laat? Dink jy regtig dat die “regte” mense ter dood veroordeel sal word, of gaan dit eerder vyande van die politieke bestel wees wat veroordeel word? Dink jy plaasmoordenaars gaan gehang word of gaan die enkele boer wat na bewering “iemand” se dood veroorsaak, hang? Nee broer, ek het baie twyfel of die doodstraf die ware moordenaars gaan afskrik.

MissDemeanor ·

Hennie in die bundu justice sisteme word mense veroordeel sonder dat ‘n saak ondersoek word. Onskuldige mense kan gestraf word vir iets wat hul noe gedoen het nie. Om die doodstraf terug te bring gaan ook nie help nie. Ons moet die wortel van die kwaad vind en behandel. Dit begin by hoe ons kinders grootgemaak word l. Ons moet die omstandighede van kindrs verander sodat hul as volwassenes gebalanseerd en produktief kan wees.

Erick ·

Hoekom? Sodat hulle weer doodluiters kan ontsnap of op borgtog vrygelaat word!

Mielie ·

Die polisie kom baie onbeholpe voor en word nie vertrou nie. Ek wonder of daar ook nou plekke afgebrand gaan word.

Lance ·

As al die regters eerlik en regverdig was sou ek ook gestem het vir die doodstraf,maar nie soos dit nou aangaan nie.

WereWoof ·

Ek stem saam met jou. Dis veels te maklik om dan die arme boere uit te roei.

Maya Roon Joubert ·

Ek sal bly wees as die doodstraf terug kom! Maar ja daar is reeds geen wette wat behou word nie dus geen orde… Wie gaan maatstaf hou op die doodstraf!?

Polisie help my gladnie ·

Die pretoria noord polisietak het my uitgelag en vir n totale gek gehou toe ek klag wou le. Misdadiger het vry weggekom en het seker intussen baie ander doodgemaak.

anton ·

Vat dit asb. verder en moet dit nie daar los nie. Die nikswerd polisie in die land moet aangekla word vir hulle onbevoegdheid!!!

Eps ·

Eersten het ek simpatie oor hoe jy voel in sulke omstandighede. My skoonma was beroof en hulle het die skelm gearessteer. Die volgende dag toe gewaar sy die skelm na haar huis. Gelukkig ken sy goeie polisielede en het aan hulle vertel wat gebeur het. Die een het dadelik die skelm gearesstreer en gesorg dat ‘n saak oopgemaak word oor die R25 000 se juwele wat gesteel was. Met die hofsaak het skelm darem skadig gepleit en is toegesluit vir paar maande. Die probleem met die polisie is dat hulle jou baie keer glad nie wil help nie en dit is ‘n probleem wat aangespreek moet word.

Annelise ·

Centurion word nou die “dumping ground” van die kriminele. Tyd vir baie meer visuele polisie teenwoordigheid!!

Johan. H. ·

Vat daaie saak asb verder. Onbeholpe staatsdiens ampterare moet hulle pensioenne verloor sou hulle skuldig bevind word dat hulle die publiek geminag het, Jy het i saak,,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.