Vermiste man se liggaam in graf gevind

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man wat sedert 16 September vermis was, se ontbinde liggaam is in ʼn graf in Ashburton in KwaZulu-Natal opgespoor.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn verdagte is in verband met die moord op Msizi Makhathini (29) in hegtenis geneem.

“Makhathini is as vermis aangemeld by die Mountain Rise-polisiestasie en noukeurige ondersoek het die polisie na ʼn stortingsterrein in Ashburton gelei waar sy ontbinde liggaam gevind is,” het Mbhele gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Toetse word gedoen om die datum en oorsaak van Makhathini se dood te probeer bepaal.

Volgens Mbhele kan daar nog inhegtenisnemings volg aangesien die ondersoek steeds aan die gang is.

Die verdagte sal binnekort op ʼn aanklag van moord in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.