Vermiste man se liggaam op Tafelberg gevind

Argieffoto van Tafelberg. (Foto: Air Mercy Service (AMS), Facebook)

Die liggaam van ’n man is op Tafelberg gevind nadat hy Woensdag vermis geraak het.

Johann Marais, woordvoerder van Wildernis-soek-en-redding (WSAR), sê ʼn soektog is Woensdagmiddag in Yellowstone-kloof, via Skywalk, in die rigting van Platteklip-kloof gedoen waar die vermiste man se liggaam eindelik aangetref is.

Die liggaam is Donderdagoggend met behulp van ’n helikopter van die departement van gesondheid van die berg gebring.

Marais wou in dié stadium geen kommentaar oor die omstandighede rondom die man se dood lewer nie aangesien dit deel uitmaak van die polisie se ondersoek.

Polisiebeamptes is op die toneel.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gestuur en wag nog op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.