ʼn Middeljarige man wat sedert Oktober vermis was, se liggaam is in ʼn vlak graf naby ʼn wildsplaas in Limpopo gevind.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Saterdag gesê die man, ʼn Egiptenaar in sy 40’s, is in Oktober by die Marble Hall-polisie as vermis aangemeld. Daar is vermoed dat hy aangeval, vermoor en van sy voertuig beroof is.
“ʼn Soektog na die man is van stapel gestuur, waarna sy liggaam in ʼn vlak graf in ʼn veld langs ʼn rivier in die Rakgoadi-omgewing opgespoor is,” het Ngoepe gesê.
Speurwerk het tot drie verdagtes se inhegtenisneming in die Ditholong-nedersetting gelei. Die polisie het tydens hul inhegtenisneming beslag gelê op die slagoffer se voertuig en voorwerpe waarmee hy glo vermoor is.
Die verdagtes, tussen 24 en 41 jaar oud, moet Maandag in die Motetema-landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering, moord, roof en die besit van ʼn beweerde gesteelde voertuig.
Hulle het darem die man begrawe….. waarom al die moorde??? Is dit werklik ‘n geval can vreemdelinge haat???
Almal gaan mekaar dan uitmoor want selfs families vervreemd…. dis hartseer.