Vermiste man se ontbinde liggaam gevind

Hendrik Havenga.

Hendrik Havenga.

Die ontbinde liggaam van Hendrik Havenga, ʼn 53-jarige inwoner van Margate aan die suidkus van KwaZulu-Natal wat vir langer as ʼn week vermis was, se ontbinde liggaam is Dinsdag in ʼn sloot opgespoor.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê Havenga se liggaam is in Gcilima, naby Southbroom, gevind. Hy is glo in sy kop geskiet. “Die Margate-polisie ondersoek ʼn saak van moord,” het Zwane gesê. “Die motief vir die moord is nog nie bekend nie, en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Havenga se familie het hom verlede week Dinsdag as vermis aangemeld nadat sy bakkie omstreeks 07:00 verlate op ʼn plaas in Ramsgate opgespoor is. Hy is op 18 Januarie omstreeks 19:30 vir die laaste keer deur sy dogter gesien toe hy die huis verlaat het. Hy het vir niemand gesê waarheen hy op pad was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SNEL ·

Sjoe, dit moet vreeslik wees om te dink mens se pa of man moes so sterf en dan word hy in n sloot gelos. Sterkte aan die familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.