Vermiste man se ontbinde liggaam in vlak graf gevind

Argieffoto

Argieffoto

FR Lotz, ʼn 60-jarige man wat op 31 Desember verdwyn het ná ʼn besoek aan die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria, se ontbinde liggaam is vroeër vandeesweek in ʼn vlak graf in Mpumalanga opgespoor.

Kol. Noxolo Kweza, polisiewoordvoerder, het gesê die liggaam is gevind nadat ʼn verdagte, wat vermoedelik deel was van ʼn groep van vier mans wat Lotz ontvoer en sy bakkie gesteel het, homself aan die polisie oorgegee het.

“Die verdagte het erken dat hy Lotz ontvoer en vermoor het,” het Kweza gesê. Die man het aan die polisie uitgewys waar Lotz begrawe is. Sy liggaam is Dinsdag in Bosbokrand in ʼn vlak graf gevind. Merke aan sy nek dui aan dat hy moontlik verwurg is.

“Die polisie het beslag gelê op die slagoffer se bakkie, en gereedskap wat gebruik is om hom te begrawe.”

Die verdagte en ʼn medepligtige is in hegtenis geneem. Ben Leola (26) het reeds in verband met die voorval in die Pretoria-landdroshof verskyn. Die saak is tot 15 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek.

Die polisie is nog op soek na twee verdagtes wat moontlik by die voorval betrokke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Magda ·

As hulle bestuur minder salaris en bonus ontvang, sal hul geldelike probleme vinnig kwyn….hulle doen in elk geval nie hulle werk nie.

Kobus ·

Daar is n groot probleem en ons as verbruikers byt die spit af met al die load shedding.
Die vraag is hoe gaan hulle die probleem oplos.
Kry die regte mense in die regte poste, en dan bou julle Eskom op soos hy eens was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.