Vermiste man se onthoofde lyk gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die onthoofde liggaam van ʼn 23-jarige man wat verlede maand as vermis aangemeld is, is in ʼn woud in KwaZulu-Natal gevind.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê Nawaaz Khan is op 31 Oktober as vermis aangemeld. “Alle pogings om hom op te spoor was tevergeefs. Daar is beweer dat hy in die geselskap van ʼn goeie vriend was toe hy die laaste keer lewend gesien is,” het hy gesê.

Naicker het gesê terwyl speurders die afgelope naweek die vriend ondervra het, het die vriend erken dat hy weet waar Khan se liggaam is. Hy het die speurders na die woud na Isonti geneem waar hy die liggaam aan hulle uitgewys het.

“Khan se vriend het glo vroeër ʼn tradisionele geneser gaan spreek wat versoek het dat hy vir hom ʼn mens se kop bring wat sal help om sy probleme op te los,” het Naicker gesê. Die geneser en Khan se vriend het hom glo na die woud gelok waar hulle hom met ʼn mes aangeval en sy kop afgesny het.

“[Khan se] selfoon, klere en tekkies is deur sy aanvallers gevat. Sy kop en die mes wat as moordwapen gebruik is, is nog nie gevind nie.”

Die 21-jarige vriend het ʼn volle skulderkenning aan die polisie afgelê en sal binnekort in die Umzinto-landdroshof verskyn, het Naicker gesê. Hy het gesê die polisie is steeds op soek na die tradisionele geneser wat glo op die vlug geslaan het. “Sy identiteit is aan die speurders bekend en ons glo dat hy binnekort in hegtenis geneem sal word. Ons hoop dat sy inhegtenisneming sal lei tot die opsporing van die kop en die moordwapen.”

Naicker het verder gesê dat twee ander mense Sondagaand in hegtenis geneem is nadat Khan se selfone in hul besit gevind is. Albei het beweer hulle het die selfone gekoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Christo Visagie ·

Is dit nodig om enige iets te sê,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,dat enige mens sulke dinge kan glo en doen, en dan nog sy vriend,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

kaniglo ·

Nou wat het ek verkeerd gese in my komentaar dat dit nie geplaas mag word nie.wil Maroela maar nie woorde,sinne ens plaas wat uitgelaat moet word nie.
Ek het geen kras taal of rassisme gebruik nie?

Griki ·

Lyk my hierdie tradisionele genesers is ook net ‘n klomp skobbejakke. Watter regdenkende mens gebruik ‘n ander mens se kop, neus, ore, geslagsdele of wat ookal om iemand te “genees” of te “help”. Nee, Yikes!!

kaniglo ·

Ek vra weer die vraag…Waarom mag hulle die titel..”geneesheer” dra.
Hulle is barbaars en ons eie president besoek steeds sg geneesheers??
Wel dit se seker alles..tradisionele geneesheers..n tradisie wat NOOIT sal uitsterf…

Tom Theron ·

Miskien beveel een van hulle hy moet kop afgesny word as muti vir die land se probleme.

Winston ·

Aan ons standaarde gemeet is dit satanisme. Aan Afrika standaard=deel van kultuur. Die mens wat so dom is om dit te glo? Eish

Pieter-louis ·

Gelukkig sal ons binnekort ‘n funksionele Traditional Healers Professions Council of South Africa hê waar ons al die kop-afsnyende sangomas ‘n registrasienommer en netjiese lede-kaartjie kan gee. Die wetgewing bestaan tog reeds, hoekom dan nou nie die spul registreer en klaarkry nie?

Riaan ·

Wonder hoeveel koppe hy gaan moet af sny om uit die gemors te kom.

Tonginniekies ·

Ek kan aan een (stort)kop op ‘n skinkbord dink wat die meeste van die land se probleme in ‘n oogwink gaan oplos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.