Vermiste man se oorskot dalk gevind

Johann C Claassen Foto: http://www.missingpersons.gov.au/

Johann C Claassen Foto: http://www.missingpersons.gov.au/

ʼn Menslike skedel en beendere is in die Magaliesbergreeks in die Hartbeespoortdam-gebied naby Brits in Noordwes gevind.

“Daar was klein gebruikte sakkies langs die skedel met ʼn selfoon en motorsleutel daarin,” het ao Mpeile Talane, woordvoerder van die polisie in Brits, gesê. “Sowat twee meter verder was daar ʼn langbroek met ʼn beursie in een van die sakke en ʼn Australiese rybewys.”

Een van die werknemers van ʼn maatskappy wat daar naby geleë is, het Saterdag die skedel ontdek.

“Die polisie is na die toneel ontbied en die beendere word ondersoek om die korrekte identiteit te bepaal.”

Talane het gesê ʼn vermistepersone-saak is in 2012 by Hartbeespoortdam-polisiestasie oopgemaak nadat Johann C Claassen (61) verdwyn het. “Hy het Australiese en Suid-Afrikaanse burgerskap gehad en het glo by sy broer in Suid-Afrika gekuier toe hy op 15 Januarie 2012 verdwyn het. Die soektog is afgelas nadat die polisie hom ná ʼn lang soektog nie kon opspoor nie.”

Hy het gesê dit is nog nie bevestig dat die oorskot wel Claassen is nie. “Die ondersoek duur voort en die polisie probeer die identiteit bevestig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

HENNA ·

JA – JA Suid Afrika !!! en daar is die skedel en artikels vir 3 JAAR ???

Knersus D ·

Chris was ‘n vriend van my – saam op Kovsies geswot en hy het Flinkdink een jaar gewen. Sy familie sal kan doen om berusting te vind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.