Vermiste man se voertuig gevind

Julius Verhoog (68) is op 28 Februarie die laaste keer by sy huis in View Village in Islandview, Mosselbaai, gewaar (Foto: Missing Children South Africa, Facebook)

’n Man van Mosselbaai wat al sedert Februarie vanjaar vermis word, se motor is Maandag gevind.

Julius Verhoog (68) is op 28 Februarie die laaste keer by sy huis in View Village in Islandview, Mosselbaai, gewaar.

Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê personeel van CapeNature het Maandag omstreeks 11:40 ’n grys Citroën-motor aan die voet van die Robinson-pas by Mosselbaai gevind. Dié motor is in Verhoog se naam geregistreer.

“’n Ontbinde liggaam van ’n man is in die motorwrak gevind. Da Gamaskop-polisie het ’n geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur,” bevestig Spies.

“Die identiteit van die persoon wie se liggaam in die motor gevind is, moet nog vasgestel word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tanniepetoors ·

Mens wonder hoe lank die voertuig daar was en of dit van die pad af sigbaar was. Vreemd.
Sterkte aan familie en vriende.

Surfer ·

Daai motor was defnitief nie langs die pad vir 3 maande nie, miskien by n afgrond af of in die bos. RIV.

Mystify ·

Vier maande vermis, genade dis hartseer dat die voertuig nou eers gevind is. Hoop regtig dat dit mnr Verhoog is, dat die familie ten minste weet. Ai ek huil sommer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.