Vermiste man van Richardsbaai se liggaam gevind

Kerridge Singleton. Foto: Facebook

Kerridge Singleton. Foto: Facebook

Kerridge Singleton (64) se liggaam is Maandag in Meerensee in Richardsbaai, KwaZulu-Natal gevind nadat hy Saterdag as vermis aangemeld is.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Singleton se liggaam is Maandagoggend omstreeks 10:30 in ʼn veld agter ʼn winkelsentrum in Anglersweg gevind. “Sy hande was agter sy rug vasgebind,” het hy gesê.

Singleton is Saterdag as vermis aangemeld. “Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Sinneloos en so bitter onnodig. Alles is buite beheer in hierdie land.

alet ·

Alles is buite beheer dan wil hy Zuma in ander lande gaan vrede verklaar belaglik dis seker sy dom regterhand Mackie wat vir hom voorskryf.Maar intussen gaan sy land agteruit Zuma moet waai sodat daar iemand kan in kom as daar van hulle is wat probleme kan raak sien

Lolliepop ·

Dis vreeslik!! Dit kon my Pa gewees het. My hart gaan uit na sy familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.