Emiel Smit, die matriekseun van die Hoër Landbouskool Boland in die Wes-Kaap wat meer as ’n week gelede as vermis aangemeld is, is veilig en terug by sy ouers.
Luidens inligting het Emiel (18) Donderdag omstreeks 17:15 ongedeerd en vrywillig by die skoolhoof se huis aangekom. Hy is sedertdien met sy ouers herenig.
Nelius van Santen, voorsitter van die skool se beheerliggaam, en die provinsiale polisie het dié nuus vroegaand bevestig.
Die omstandighede rakende Emiel se verdwyning en terugkeer is in dié stadium nog onduidelik.
Maroela Media het vroeër berig Emiel is verlede Woensdag net ná 12:00 vir die laaste keer in die omgewing van die skool in die Agter-Paarl gesien waarna ’n soektog na Emiel op die skoolterrein van stapel gestuur is.
Die soektog is later gestaak en die polisie het die moontlikheid ondersoek dat Emiel uit vrye wil die skoolterrein verlaat het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Sal graag wil luister wat hy oor sy verdwyning te sê het.
Niemand ken n ander se vrese en seer nie..sterkte vir die jongman en sy ouers wat hom hierdeur moet help
Dankie tog. Arme ouers. Die kind het hulp nodig, nie raas nie.
Dink net aan hulle self…..min gepla oor die bekommernis
van hulle ouers. Groot kinders groot probleme.
Mens weet nooit wat tussen die mure van ander se huis aan gaan nie, al ken jy hulle hoe goed.