Vermiste meisie (5) se liggaam gevind; twee vas

Argieffoto

Twee mans is in hegtenis geneem nadat ʼn vermiste vyfjarige meisie se liggaam Sondag in die Riebeek-Wes-gebied in die Wes-Kaap gevind is.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie het Sondag vermis geraak en haar ouma het dit dieselfde dag aangemeld. Haar liggaam is omstreeks 17:00 met behulp van die plaaslike gemeenskap op ʼn plaas in die gebied gevind.

“Inligting uit die gemeenskap het daartoe gelei dat twee verdagtes kort daarna in verband met die moord in hegtenis geneem is,” het Rwexana gesê. Die twee verdagtes, onderskeidelik 19 en 30 jaar oud, sal Dinsdag in die Malmesbury-landdroshof op aanklag van moord verskyn.

“Die SAPD-bestuur in die Wes-Kaap is baie bekommerd en ontsteld oor die grusame moorde op kinders in die provinsie,” het Rwexana gesê. “Met Vrouemaand wat binnekort aanbreek, word daar weereens beklemtoon dat misdade teen vroue en kinders heeljaar lank ʼn prioriteit vir die SAPD is. Die skuldiges in hierdie misdade sal gevang word en die volle mag van die gereg sal hulle in die gesig staar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

wielie ·

“” Met Vrouemaand wat binnekort aanbreek, word daar weereens beklemtoon dat misdade teen vroue en kinders heeljaar lank ʼn prioriteit vir die SAPD is. “”
RERIG ??? Vroue maand???
Wat van die res van die jaar ????

Theresa ·

EN moord en grusame dade op en aan albei geslagte is ewe sleg en gebeur ewe gereeld. Alle misdaad moet in die kiem gesmoor word deurdat geregtigheid terugkeer na ons samelewing.

Cherokee ·

So Wielie, jy ignoreer dus bloot die woord ‘heeljaar’. Heeljaar beteken nie ‘n maand maar ‘n jaar – die hele jaar en die konteks waarin dit gesê is, beteken voordurend.

Mrs.B ·

Wat het die arme kind aan hulle gedoen? Dit is ‘n siek wereld daar buite. RIV klein mensie. My innige simpatie aan jou ouers en familie. So hartseer.

Sharon ·

As die Doodstraf terug gebring word dan sal hierdie nie meer gebeur nie, die mense wat ander se lewens so maklik neem is vreesloos want al gaan hulle tronk toe is hulle nog steeds vry van enige enige skuld gevoel of iets, hy kry gratis kos, verblyf, studies ens, hy word eintlik vergoed vir sy gruwelike daad om ‘n lewe te neem is God se besluit nie sy keuse om sy hande met onskuldige bloed te vlek nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.