Vermiste meisie (7) se lyk gevind

misdaadtoneel

Argieffoto

Die liggaam van ʼn sewejarige meisie wat Donderdag as vermis aangemeld is in Vrede in die Vrystaat, is gevind.

Sers. Tshegofatso Maliehe, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie se liggaam is Saterdagoggend in ʼn erf van ʼn huis langs ʼn skool op die dorp aangetref. Die meisie is as vermis aangemeld nadat klasmaats en ʼn onderwyser gesien het hoe sy gaan om ʼn toilet buite die skool te gebruik en nooit weer teruggekeer het klas toe nie.

“Die meisie, wat steeds in haar skooluniform geklee was, is deur die eienaar van ʼn huis in Mashininistraat gevind,” het Maliehe gesê. “Volgens die huiseienaar was die liggaam in papier toegedraai toe hy dit buite in die erf gevind het.”

Maliehe het gesê ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen om die oorsaak van die meisie se dood te bepaal. ʼn Saak van moord word ondersoek en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Werner2 ·

Maak ook n saak oop teen die onderwysdepartement en munisipaliteit wat te treurig is om sanitasie te voorsien vir kinders, want dit is hulle skuld dat sy moes rondloop vir so n basiese behoefte. In my tyd moes ons die juffrou vra om kamer te verlaat, nou moet kinders vra om skool te verlaat daarvoor. Die ANC veroorsaak net hartseer in ons land.

Charl ·

Volgens Gillian Schutte kan ons oombliklik alle swart mans uitskakel as verdagtes – maak die saak soverl makliker

Asjas ·

Dankie Gillian Schutte! Jy sterk die Regter se saak net daagliks. Net jammer die actual probleem kry nie die aandag wat dit verdien nie. Plaas van saam met haar werk om die probleem te ontbloot en moontlike oplossings te vind het jy hierdie mense net gesterk in hul kwaad want hulle is al klaar onskuldig gevind en die groen lig gegee. Net soos ‘n swart persoon nie ‘n rasis kan wees nie (gebasseer op hul vel kleur) kan hulle nou ook onmoontlik verkragters en moordenaars wees.
Hou op om weg te skram van die waardheid, dit is wat dit is. Soek die moontlike redes en maak werk daarvan en stop die hekse jag op mense wat feite stel.
Dis net soos wanneer ‘n oortreding gepleeg word, beloning word aangebied vir die persoon wat die saak kan oplos, maar in SA is die beloning vervolging!!

m ·

Arme onskuldige kinders is nie eers mee veilig by die skool nie. Dis baie tragies. Verstaan net nie so lekker dat daai skool nie eers toiletgeriewe vir die kinders het nie…..

So ontstellend ·

So ontstellend Mense regte en Gillian Schutte, ‘n jong dogtertjie kan nie eens toilet toe gaan nie!!!!!!!!!!!! Basiese mense reg toilet toe gaan, hoor julle toilet toe gaan nie, dan word sy vermoor, die detail sal nog uitkom. Gillian verduidelik vir ons, ons wag in spanning, jy het die persoon wat ‘n studie en verandering wou bring aangevat, hoe los JY die probleem op, wie dink JY het dit gedoen? Beskou dit as ‘n uitdaging en jy is mos lekker sterk en voor op die wat, wys wat jy kan doen! Mense regte jul het weereens ‘n 7 jarige dogtertjie gefaal. Dit raak ‘n weeklikse gewoonte. My hart huil vir die omstandighede waarin ‘n dogtertjie wat nog met poppe moet speel moes ervaar en sterf.

Gesiggie ·

So ontstellend.. ek stem 100 % saam jou” dit laat n mens wonder, word hierdie kinders dop gehou…dit is belaglik”’ Gepraat van vermiste meisie? enigge nuus aangaande die ander Meisie” kan nou nie presies op haar naam kom, maar daar was n liggam gevind? hul was net nie seker of dit die Meisie was” die een met Sielkundige probleme… Jammer aan die ouers van die meisie” hoop die saak word opgeklaar… Geen veiligheid eers meer in skole… hoekom haar net vermoor?

Christo Pienaar ·

Dis so onnodig. Voor u kritiseer dat skole afgebrand word, is dit nie ALLE SKOLE nie. Die onderwysdepartement steur hulle glad nie aan versoeke nie. Ek stel voor dat die Skool beheerliggaam ‘n haalbare oplossing vind waar bv. die breë gemeenskap betrek word en die skoolhoof se verantwoordelikheid is dat toilette nie gevandaliseer word nie. Dis ‘n algemene verskynsel dat leerders dit doen. Dit breek enige iemand se hart om ‘n kinderlyk te moet uitken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.