Vermiste meisie dood gevind

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Die soektog na ʼn 13-jarige meisie wat sedert Saterdag vermis is, het hartseer geëindig toe haar liggaam Woensdagmiddag gevind is.

Kol. Mtsholi Bhembe, provinsiale polisiewoordvoerder van Mpumalanga, het gesê die meisie, Dimpho Sinenhlanhla Malevu, van Wesselton buite Ermelo, is Saterdag die laaste keer gesien toe sy na ʼn winkel is.

“Sy het nooit teruggekeer huis toe nie, waarna haar ma haar as vermis aangemeld het. ʼn Soektog na Dimpho is van stapel gestuur en haar liggaam is Woensdag omstreeks 13:00 in ʼn veld naby die Ermelo-vliegveld aangetref,” het Bhembe gesê.

Bhembe het gesê voorlopige ondersoek dui daarop dat sy moontlik verkrag en verwurg is. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om dit te bevestig.

Die polisie ondersoek die moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lena Jonk ·

Wat gaan aan in SA dat die kinders so verkrag en vermoor word? Daardie persoon of persone moet vir die families wie se kind dit is gegee word hulle sal met hulle werk, doen dit eenkeer en dit sal die einde van daardie soort van dinge wees.

leser ·

daar was vele kere wat die bundu hof werk daarvan gemaak het, nog steeds duur verkragtings en moord op kinders voort, sooooo: die verkragters voel ‘n veer

Shaz ·

Moet nie kinders aleen laat winkel toe gaan nie, hoe laat ouers dit toe dat n kind van 13 aleen winkel toe loop? Ouers kan sien wat gebeur in ons land maar hulle waag dit nogsteeds. Nee man!

Anna ·

Straf die ma ook. Hoe kon sy dit toelaat. Begin die ondersoek sommer by haar.

J O H A N N E S !!! ·

Nie almal kan na gekyk,opgepas of rondgery word nie……ongeag die velkleur.
Baie jammer aan die Famielie se verlies.
Baie sterkte en BESTRAF DIE BOSE GEESTE In JESUS NAAMEN PLEiT DIE BLOED VAN JESUS OPREG OOR JOU EN JOU MENSE.

stella ·

Iemand het aan my ñ skokkende video gestuur wat ñ ma self afgeneem het terwyl sy haar kinders mishandel. Die video word op face book ook versprei. Dit is mishandeling op sy ergste. Ek is nou nog ontsteld daaroor. Ek het die video aan my niggie wat ñ welsynwerkster is en met hierdie sake werk gestuur. Dan het die ma nog die vermetelheid om wat sy aan haar kinders doen af te neem. Absoluut siek!!!

Susan ·

Dit is VERSKRIKLIK dat kinders nie eens meer na ‘n kafee of ‘n maatjie kan stap naby aan die huis nie! Hoé hou jy kinders 24 uur per dag in die huis? Almal het nie groot erwe met hoë heinings en sterk hekke, Rekenaars en TV’s om hul binneshuis te hou nie. (En ons hoor van al die newe-effekte is wat hierdie luukses op ons kinders het). Die Hemel weet, dit HOORT mos nie no so nie? Moét gevaar dan altyd vir hul lê en loer! Ek huil as ek dink hoe vry ons as kinders in parkies kon speel, fiets in die straat ry, en oor en weer met maatjies kon kuier.

GM ·

Kla die ma aan? Waarvan? As die kind 5 was, was dit ‘n ander saak – beskuldig dan die ma as jul so voel, maar sy was 13. Toegegee, ek sal nie laat my kinders alleen winkel toe stap nie, maar kinders behoort veilig te wees. As kind kon ek oral heen stap, dit was veilig. In vandag se tyd, kan grootmense nie eers om die blok stap nie. Hoekom moet ons so leef terwyl misdadigers vry is? En dan braak almal gal as ‘n pa/ma ‘n hele gesin uitwis. Ek glo dat die vrees so erg word dat hul kinders brutaal verkrag en vermoor gaan word voor hul oë, dat dit vir daai ouers op daai stadium as die enigste oplossing lyk.
So my vraag is, wat doen ons elkeen vandag, om dit vir ons kinders (of ons bure se kinders) more beter te maak? Stilsit en wag gaan niks verander nie. En hierdie elkeen-vir-homself-houding nog minder.

Tollies ·

@Johan 110% correct Ek wil dit ook al ge gese het met respek en opreg in aanbidding
moet alman ook mense moet op hul plase die bloed van Jesus besprinkel bose geeste
verdryf en die volle wapen rusting vir elkeen van jou familie lede aan trek in die geloof
in Jesus Naam.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.