Vermiste meisie dood gevind

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Oos-Kaapse polisiebeamptes het Sondag ʼn 22-jarige man in Uitenhage in hegtenis geneem vir die moord op ʼn 14-jarige meisie wat op Vryheidsdag vermis geraak het.

ʼn Intensiewe soektog is verlede week van stapel gestuur nadat Micaylen Hendricks as vermis aangemeld is. Hendricks is Woensdag glo deur haar ma na ʼn nabygeleë winkel gestuur om doeke te koop en het nooit weer teruggekeer huis toe nie.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is Sondagaand in ʼn huis in die Moeggesukkel informele nedersetting vasgetrek waar Micaylen se liggaam ook gevind is. Volgens Nkholi is dit in dié stadium nie duidelik aan wie die huis behoort nie.

“Baie min mense het die meisie se liggaam gesien, so ek kan nie uitbrei oor die aard van haar beserings nie. Die forensiese kenner op die toneel wou nie gehad het enigiemand moet met die toneel peuter nie. ʼn Familielid was wel op die toneel om die liggaam uit te ken,” het hy gesê.

Nkholi het gesê die polisie wag op die uitslae van ʼn nadoodse ondersoek om die oorsaak van die dood te bevestig.

Die verdagte word tans by die Kamesh-polisiestasie aangehou op ʼn aanklag van moord. Nog aanklagte kan moontlik later bygevoeg word. Hy sal na verwagting vandeesweek in die Uitenhage-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gerd Lourens ·

Kry asb vir die man ‘n baie goeie regsverteenwoordiger sodat hy dringend op borg vrygelaat kan word!!!
Sies sies sies.

Xa ·

In hierdie bananaland gaan hy sommer gou weer buite wees en weer moor.

Gesiggie ·

Wat is dit met die Lewe… n 22 jarige man, vermoor n 14 jarige Meisie? wat was sy bedoelings? Seker eers verkrag, en toe haar maar stil gemaak deur haar lewe te neem”’ Of is dit weer n Familie saak? Ja Gert net so… as jy weer hoor is hy op borgtog? en sal die saak seker nog maande neem, om uit te vind? met watse ander aanklagte hy nog verbind kan word.. en dan? verdwyn hy maar net”’ Sieklik … ja Sies”’

Irene ·

Hulle moor soos hulle wil on regstelsel wil nie hang nie iets soos menseregte wat van die een wat dood is ons vergeet wat die BYBEL se oog vir oog tand vir tand maar ons volg nie meer die Vader se wet nie

louis ·

Menseregte!!!! Wat vir n ding is dit? Geen mens het n reg op hierdie aarde nie. Jou lewe is n genade gawe van God . Dit is aldus n voorreg dat jy hier is met geen reg nie. Lees gerus jou Bybel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.