Vermiste meisie in vlak graf gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn 10-jarige meisie van Limpopo, wat sedert Maandag vermis is, is Donderdag in ʼn vlak graf gevind.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het gesê die meisie, Zanele Shirinda, is Maandag vir die laaste keer gesien toe sy omstreeks 18:00 na ʼn plaaslike winkel in Giyani, in die noordooste van die provinsie, gestap het.

“Die polisie het ná haar ʼn verdwyning ʼn soektog van stapel gestuur en haar liggaam is vandag omstreeks 12:00 in ʼn vlak graf in die veld, naby die Giyani-stadion gevind,” het Ngoepe gesê.

Die oorsaak van haar dood sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Irene ·

Soe die arme kinders wat so moet ly. Daardie soort mense verdien die hang. Sal graag wil weet os dit SA burgers is if buitelanders wat verantwoordelik is.

Willie ·

So hartseer, alle medelye met die familie.. wanneer gaan dit stop, wanneer gaan die monsters uit die samelewing verwyder word?

Sê maar net ·

SA bloei en die ANC doen niks daaraan nie. Die grondwet word nie herskryf nie, en intussen moet ons oumense en kinders lei onder ‘n regering wat nie die mentaliteit het om sy burgers veilig te hou nie. Sterkte aan die familie.

Marianne ·

Ja my arme kind – so onskuldig – so wreed van jou lewe ontneem. MONSTERS WAT KINDERS VERMOOR MOET GEHANG WORD!
My innige innige simpatie aan haar ouers, familie en haar maatjies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.