Vermiste meisie se liggaam gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 10-jarige meisie wat Sondag vermis geraak het in Heilbron in die Vrystaat, se liggaam is gevind.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie is die laaste keer deur haar ouers gesien terwyl sy saam met vriende gespeel het. “Haar ouers het bekommerd geraak nadat dit donker geraak het en sy nie huis toe gekom het nie.”

Kareli het gesê die ouers het onmiddellik die polisie gekontak. “Die kind het ʼn blou denim en ʼn donker hempie aangehad toe sy die laaste keer gesien is. ʼn Soekgeselskap is deur die polisie van stapel gestuur maar sonder enige sukses.”

Volgens Kareli het werknemers van die Heilbron Veilinggronde Woensdag op ʼn dogtertjie se halfnaakte liggaam afgekom in ʼn ou gebou. Sy het wurgmerke aan haar nek gehad en die nadoodse ondersoek het bepaal dat sy verkrag is.

Kareli het gesê die meisie is die laaste keer in die geselskap van ʼn onbekende man gesien en het sy die man vermoedelik geken.

Enigiemand met inligting kan kapt. Fanie Groenewald kontak by 082 529 1908 of die Heilbron-polisie by 058 853 5245.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Cobie Jansen van Rensburg ·

Ons land is besig om ten gronde te gaan met al hierdie wetteloosheid, wanneer gaan almal begin wakker skrik?

Francois ·

Weet julle dis nou genoeg. Kan IEMAND Zuma fire! Kan IEMAND die gemors die wereld instuur, sodat almal kan sien wat hier aangaan? Regtig, genoeg is nou genoeg!!

Francois ·

Ja toe Maroela, se ons of dit ‘n Wit of Swart kind was! Hoekom noem niemand die ras nie – of is dit ‘n doodsonde? Ek wil he die hele wereld moet weet op WIE die geweld toegepas word…wat van julle gee bietjie statistieke?

Paplepel ·

Hoekom elke keer die ras insleep? Maak dit die kind se lewe minder of meer werd as hy/sy wit of swart was? Of soek jy nou net weer ‘n ietsie sodat jy weer “wit uitwissing” kan skree?

Ronel ·

MAak dit saak of dit ‘n wit of ‘n swart kind was? Feit is die blxm wat haar vermoor het, het ‘n kind weggeruk van haar ouers af. Daai kind het nog haar hele lewe voor haar gehad en omdat die barbaar nie homself kan beheer nie, moes sy met haar lewe boet. Ek voel jammer vir haar ouers. Sterkte aan haar familie wat nou deur die drama moet gaan.

onbekend ·

Wat maak dit saak of dit n wit of swart kind is, dis nog ‘n onskuldige kind wat se lewe gevat is. Al die Here se seen vir dir arme ouers wat deur hierdie moeilike tyd moet gaan. Ons dink aan julle en julle is in ons gebede.

Marius ·

Die Media waar ek woon skryf groot op voorblad die ras wanneer n wit persoon gearresteer was. Ek vind dit vreemd dat wanneer n ander ras gearresteer was hulle daaroor swyg. Al geleer ras nie vermeld word nie maak eie afleiding. Praat net daaroor dan is mens mos rassisties.

Anoniem ·

Al word die doodstraf terug gebring sal dit nie dadelik die geweld stop nie. Mettertyd wel as die
moordenaars sien die galg dun hulle uit sal dit begin afneem. Die verdorwenheid het so toe geneem
onder misdadigers dat die vrees vir die dood by die meeste van hulle al verdwyn het. Satan het
oorgeneem en net God kan ons red.

Heidi Strauss ·

Wat maak dit saak of sy wit of swart was??? Dis n kind my he’ll! En watter verskil sal dit maak as zuma gefire word?? Niks! Geen mens kan die gemors waarin on is uitsorteer nie! Net God! Die lewendige God!

Pieter van den Berg ·

Ek sal verkies om die kind se ras te weet. Bloot omdat die kanse groot is dat die oortreder dieselfde ras is, en iemand die persoon kan eien indien hulle dit weet. Hoe meer inligting beskikbaar is, hoe groter is die kanse dat die vuilgoed gevang kan word. As ek weet Oom xxx is ‘n pedofiel en woon in Heilbron, is die kanse goed dat hy betrokke kan wees. Voeg daarby dat hy ‘n massiewe rassis is, en die kind swart is, dan is die kanse baie kleiner. Jy moet al die inligting kan sien om die regte gevolgtrekkings te maak.

Rawsie ·

Julle almal maak die vyand lekker bly… God huil oor al die kommentare oor hoe siek die wêreld en sy mense is! God het almal gemaak en al die negatiewe kommentaar belaster teen Hom… Ons veg NIE teen vlees en bloed nie mense!!! Dit is die vyand wat die mensdom gebruik vir sy griewel dade…ons moet BID BID BID SMEEK vir vergifnis en die OORDEEL wat ons uitspreek. Ons moet soos Jesus wees. Kyk hoe is Hy gedood…het hy die mense vervloek en veroordeel en verwens??? Of het hy simpatie met hulle gehad en die Vader gesmeek vir hul vergifnis? Ja, HY is ons voorbeeld. STOP en luister wat van julle kwytraak…GEEN slegte daad regverdig enigsins OORDEEL nie… en ek het ONDERVINDING, my pa is vermoor. Deur 4 mans, en ja, hulle is swart, en ja, God het my gewys dat Hy steeds in beheer is! Ek sê weer: Ons stryd is NIE teen VLEES en BLOED nie! Dinge kom oor ons pad, word toegelaat deur God…net Hy is waarlik in beheer! Almal word elke dag getoets, almal se gedagtes, reaksies, woorde….moenie ingee nie!! Treur met blydskap want jy het die ewige lewe. Niks kan ons van God skei nie, nie moord, pyn of dood nie. Net sonde…moenie dat sonde tussen jou en Jesus kom nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.