Die liggaam van ʼn vyfjarige meisie is Vrydag in ʼn veld in Tembisa in Gauteng gevind.
Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê daar word vermoed dat die meisie seksueel aangerand en verwurg is.
Dlamini sê die meisie het Sondag in die area vermis geraak.
Die polisie ondersoek die saak.