Vermiste meisie se lyk gekry

isdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-3

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in die Wes-Kaap ondersoek ʼn saak van moord nadat die lyk van ʼn vyfjarige dogtertjie in Broadway Soekstraat in Nomzamo, Strand, gevind is.

Minentle Lekhatha se liggaam is Sondagmiddag gevind nadat sy Saterdag as vermis aangemeld is.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het gesê sy is omstreeks 20:30 as vermis aangemeld. Sy het ten tyde van haar verdwyning ligte blou nagklere aangehad en is laas gesien waar sy buite haar huis in Nomzamo gespeel het.

“Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek,” het Van Wyk gesê.

ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood te bepaal.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie het enigiemand met inligting oor die voorval gevra om hulle te kontak by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Nivea ·

OOOOOO dit maak my boos hoekom moet kinders so seer kry, wat her die arme kinders gemaak net mooi NIKS.

Ai ·

Wat gaan aan met sommige van die mans dat hulle nie kinders kan uitlos nie. Dis siek man. Dis al hierdie p 0 rnografie wat sommige mans (en party vrouens) so sit en kyk. Dis vieslik man, kry n stokperdjie of iets as julle nie weet wat om met julself aan te vang nie!!!! As dit nie dit is nie is dit sangomas wat muti soek.

Lees die Bybel en kom reg!

sug ·

Wie sê dit is ‘n man wat iets aan haar gedoen het? Jumping to conclusions nê?

Ai ·

Ag tog “Sug”, ons noem dit statistieke. Het jy ook gelees ek verwys na vrouens? Vinnig om te tik, stadig om te lees….

Sonskyn ·

AGGENEE!!!!! Nie nog ‘n onskuldige kindjie nie… my hart is stukkend van al hierdie sinnelose dade:(

snoefie ·

altyd nog n kindjie, nog n lumens. almal verdien om veilig in jou huis, by jou huis, naby jou huis te wees. ALMAL VERDIEN OM VEILIG TE WEES ONGEAG WAAR JY IS. gaan betoog om neer wit booikies in die sapd, in die saw te kry. hulle was redelik fiks en hulle ma’s het al hulle bang hare al kleintyd uitgekam.

w ·

Hoop oortreder word doodgeskiet deur polisie. Hukom mut ouers en kinders deur hierdi pyn gan. ? Omdat di landswette f all beteken

Hoop ·

Hoop so dat die mense wat hierdie slegte dade pleeg ook hier lees ..maar wat is die kans dat hulle hier lees …niks ..ek stem saam met ai ..Lees Die Bybel en kom reg!!! As die mensdom net kan en wil besef dat daar werklik n God is sal hierdie wèreld nie so siek wees nie.Elkeen van ons gaan eendag voor ons Koning Jesus staan ..ons kan maar net bid vir diè wat Hy eendag gaan weg wys en sè Ek ken jou nie…Ek bid nie net vanaand nie maar elke aand vir elke ou kindjie wat so onnodig seerkry ..Mag Die Here se hand oor hulle wees ..en dit is waar ..al hierdie dinge gebeur omdat mense pornografie kyk …Dit wat Die Here mooi en spesiaal gemaak het .het hierdie mensdom van ons in iets leliks en walgliks verander …ons liggaam is die tempel van God en kyk wat doen die mense daarmee..

Pierre de Villiers ·

Ons moet teruggaan na lank-lank gelede en die skuldiges voor honderde toeskouers met klippe, of is dit nou appels, stenig.

Pieter ·

Dit is so jammer dat hierdie dinge gebeur. Ongelukkig in ons land, is dit nou maar so dat as iemand vermis word, dan weet jy daar gaan ‘n lyk gevind word. “Vermis” = “vermoor”

VanAfrika ·

Wie se kind speel nog 20H30 buite en is nog nie in haar bed nie!!!!!!

charmaine ·

n Kind van 5 in haar nagklere is nie veronderstel om daai tyd van die aand buite te wees nie. Daar is soveel siek mense daar buite en sy was n onskuldige prooi.

teresa ·

kinders kan in vandag se tyd nie meer sonder ouer toesig buite in die strate saam met maats speel nie. dit is uiters gevaarlik, maak nie saak hoelaat dit is nie. Dit is hartseer, maar vandag se werklikheid. Wanneer gaan mense dit begin besef!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.