Vermiste meisie se lyk gekry

Die polisie se soek-en-reddingseenheid by die rivier. Foto: Verskaf

Die polisie se soek-en-reddingseenheid by die rivier. Foto: Verskaf

Die liggaam van die 14-jarige skoolmeisie wat deur ʼn sterk stroom meegesleur is toe sy en ʼn vriendin ʼn rivier in Limpopo wou oorsteek, is ook gevind.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die polisie se soek-en-reddingseenheid het die meisie se liggaam naby die Steelpoortbrug gekry, sowat 20 km stroomaf van waar die meisies Vrydagmiddag die Tubatserivier in Burgersfort wou oorsteek.

“Die twee meisies wou ná skool op pad huis toe die rivier oorsteek toe ʼn sterk stroom hulle meegesleur het,” het Otto vroeër gesê. Die polisie het sedert Vrydag na die twee meisies gesoek.

Die ander meisie se liggaam is Saterdag opgespoor en uit ʼn rivier gehaal.

Dele van Limpopo, Gauteng, Noordwes en Mpumalanga het swaar reën gehad wat kitsvloede veroorsaak en daartoe gelei het dat damme oorloop en riviere die afgelope paar dae hul walle oorstroom het.

Die meisies is geïdentifiseer as Oratile Tau en Tshepang Sello. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Confused ·

Ek het nie geweet daar is ‘n Tubatse rivier in Burgersfort / Steelpoort area nie. Ek weet daar is die Steelpoort Rivier, obviously in Steelpoort, en dan die Spekboom in Burgersfort. Sal bietjie gaan soek waar hierdie rivier vloei….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.