Vermiste meisie se lyk in spruit gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn 16-jarige meisie van Phalaborwa in Limpopo, wat sedert Saterdag vermis was, is Dinsdag in ʼn spruit buite die dorp gevind.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die meisie, Karen Manyama, het Saterdagoggend haar huis in Alwynstraat verlaat om vriende by ʼn plaaslike restaurant te ontmoet. Sy het nooit teruggekeer huis toe nie.

Sy is as vermis aangemeld en ʼn soektog is van stapel gestuur.

“ʼn Verbyganger het Dinsdag die polisie ontbied nadat hy ʼn liggaam tussen riete in ʼn spruit buite die dorp opgemerk het,” het Otto gesê. “Die liggaam was gedeeltelik in plastiek toegedraai.”

Die liggaam is as Karen s’n uitgeken. Die oorsaak van haar dood is onbekend en sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Kom ek gee julle ‘n brief dat daar ook ‘n saak sal wees van moontlike verkragting want dit is hoe die wonderlike demokrasie werk in hierdie land van oënskynlik GEEN vroueregte.

Nico ·

Baie hartseer. My oudste dogter amper 17. Geen mens kan daardie seer verstaan as jy dit nie self ervaar nie..

Lize ·

Baie hartseer dat die joernalis nie die jong meisie se naam reg het nie. Dis nie dieselfde naam as in ander berigte nie.
Baie hartseer wat gebeur het. My hart gaan uit na haar familie.

Landi Slatter ·

Dagsê Lize

Baie dankie vir jou terugvoer. Ons het nie enige vorige berigte gedoen oor dié tragiese voorval nie. Ons het die naam direk van die amptelike polisiewoordvoerder gekry.

Kontak ons asseblief by [email protected] indien jy enige verdere inligting oor die voorval het.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

Erika Smit ·

Die kind is baie bekend aan my, pragtige dogter met n sonnige geaardheid, sukkel nog om haar dood te verwerk, om iemand so na aan mens af te staan aan die dood is erg, mens wens dit geen ouer toe nie. Geen ouer is ooit voorberei om hul eie kinders te begrawe nie, hoop die een wat dit gedoen het word vinnig vasgetrek. RIV Khutso

Kleintjie ·

Die skuldige sal seker eers in 2020 gevonnis word indien hy ooit gearresteer sal word.

Marianne ·

Arme onskuldige kind!!!
Mag God haar ouers, familie en vriende krag gee om hul verlies te kan dra.
Ek wens die doodstraf kan terug gebring word – mag ons kinders darem in minder gevaar lewe.

charlene ·

Ek glo nie wat ek hier lees nie, Phalaborwa is nie so nie, dis nie hoe ek die plek ken nie daar het ons tot laat nag rond geloop, en ons was nooit bang nie (en nee dis nie 20 jaar terug nie). Die arme kind, dat sy so onnodig moes sterf, ek hoop hulle vang daai gemors en ek hoop hy kry wat hom toekom. Mens is eintlik te bang vir die nadoodse ondersoek want dis `n jong meisie en ons almal weet hoe sulke sake eindig, dis amper nooit net moord nie. Sterkte aan die familie, mag God julle dra en onthou julle bly waar almal omggee vir mekaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.