Vermiste meisie veilig opgespoor

Argieffoto

Argieffoto

Klara (9) wat Vrydag tydens ʼn sportdag by die Laerskool Unie in Klerksdorp ontvoer is, is Donderdagmiddag veilig opgespoor.

Michelle Peach, ʼn senior maatskaplike werker van die SAVF Rethabile-kinder-en-jeugsorgsentrum in wie se sorg Klara geplaas is voordat sy verdwyn het, het aan Maroela Media bevestig dat sy in Kaapstad opgespoor is.

“Sy is veilig in Distrik Ses gevind. Die polisie het haar daar in die sorg van ʼn Kaapstad-tak van die SAVF geplaas. Ons bestuurder, Anita Kent, is nou op pad om haar te gaan haal. Die Kaapstad-tak sal sorg dat Klara halfpad gebring word. Ons sal môreoggend meer inligting kan gee sodra sy veilig in ons sorg is.”

Maroela Media het by ʼn betroubare bron verneem dat ʼn vrouefamilielid in hegtenis geneem is.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die meisie gevind is. “Die omstandighede rondom die saak is in ʼn sensitiewe stadium en word nog ondersoek. Meer inligting kan dus nie in die stadium bekend gemaak word nie,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Klara is Vrydag deur ʼn man by Laerskool Unie, waar sy skoolgaan, opgelaai. Sy ken glo die man. Sy het sportdrag van die skool aangehad toe sy die laaste keer gesien is. Klara het donkerbruin hare, donkergroen oë, weeg 28 kg en is 1,4 m lank.

Klara is verlede jaar deur die kinderhof in die SAVF se sorg geplaas hangende die uitkoms van ʼn finale aanbeveling van dié hof.

Die SAVF het die saak by die polisie aanhangig gemaak nadat dit aan die lig gekom het dat sy moontlik ontvoer is. Hoewel inligting oor kinders in sulke gevalle in terme van die Kinderwet nie in die media bekend gemaak mag word nie, het die SAVF ʼn hofbevel by die kinderhof bekom om inligting oor haar te versprei in ʼn poging om haar so gou moontlik op te spoor.

  • Aangesien die meisie gevind is, verwyder Maroela Media haar foto en gebruik ʼn skuilnaam om haar identiteit te beskerm in terme van die Kinderwet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

DPJ ·

Dank die Here God dat sy veilig is. Mens sal seker nooit weet wat al die drama veroorsaak het nie maar sterkte aan almal. Ons is maar almal sondaars.

Liezl ·

So bly hulle het die dogtertjie opgespoor en sy’s veilig… Hartseer daar is nog so baie vermiste kindertjies…

Japie ·

Sluit toe die blikslater wat haar ontvoer het en gooi weg die sleutel!!! Hoop nie die arme kind is mishandel of misbruik nie :-(

Jan maak n Plan ·

Hoekom is dit altyd die kinders wat vir grootmense se nalatigheid en agterloosigheid moet betaal. So bly Samantha is weer veilig.

Berhalet Beukes ·

Ek haal my hoed af vir al die betrokke partye wat haar spoedige opsporing bewerkstellig het! Wel gedaan!

Antoinette ·

Mens weet nie wat daartoe gelei het dat sy in veilige sorg geplaas is nie. As ñ ma sou ek ook alles doen om my kind terug te kry. Maar ek sal BESLIS my kind se veiligheid eerste stel. Ons sal nooit weet wat die toedrag van sake was nie. Wie weet, dalk gaan sy eendag terug na haar ouers toe. Kom ons hoop die stelsel werk om haar en ander kinders in haar skoene veilig te hou, wat die omstandighede ookal kan wees

marie rabie ·

Weet jy weereens neem ek die skool kwalik want waar is die personeel tydens die tipe goed..ons het ook n voorval op die speel gronde gehad laasjaar..waar n kind gemolisteer is tydens pouse op unie skool se speel gronde.. Wat my verstand te bowe gaan is waar was die toesig houers want as n kind in die tipe sorg geplaas word moet daar tog ekstra veiligheid wees en moet onderwysers ook tog weet wat kan gebeur..maar nou moet ek ook by se in ons geval was daar sommer aan die kind gese dat sy moet ophou stories aandra en was unie skool se onderwysers onsimpatiek oor die hele geval… Daar was nie eers stappe of niks nie..uurrrggg waar gaan als heen in ons land…. Daar is altyd die vraag WAT AS…….. So wat as dit nie familie was nie en sy iets oorgekom het…. So my wat as vrae kan baie word!!!!!

Selma Marx ·

Marie Rabie, met die kommentaar wat jy op sosiale media lewer sal ek dit waardeer dat jy more die skool besoek met presies dieselfde aantuigings wat jy nou maak sodat ons die saak kan bespreek.

Indien jy nie opdaag nie sal die personeel van jou verwag om ‘n verskoning uit te reik oor die aantuigings wat jy maak.

Oepsie... ·

Selma, alhoewel ek met jou saamstem dat dit ongegrond is, omdat jy waarskynlik? ‘n onderwyseres is, moet ek jou daarop wys dat dit aantygings is, nie aantuigings nie…Lekker dag verder!

Nog ń oepsie ·

Selma Marx

More is n engelse woord vir meer terwyl môre die woord is om die volgende dag aan te wys!!

Lekker dag verder!

Henri ·

Die arme meisie. Waardeur moet sy nog gaan? Ek bid vir haar ‘n veilige, liefdevolle en standvastige huis.

Poppie ·

Wie is die vroulike familielid? As dit die ma is het ek simpatie. As my kinders OOIT van my moes weggevat word, sal ek ook tot die uiterste gegaan het om hul terug te kry. Ek sal van my kop af raak sonder my kinders…

Elizabeth ·

Poppie, ongelukkig is daar baie “moeders” wat nie soos jy voel nie. Daar is van hulle wat hulle kinders self verkoop aan mans, of wat weet dat hulle kinders gemolesteer word en niks doen nie, selfs die wat self die molestering doen of hul kinders aanrand. Ons weet nie of die ma dalk een van hulle is nie. Sal jy dan nog steeds die ma simpatie wil gee?

joe ·

Sjoe… so bly sy is veilig! Marie rabie dis n vreeslike aantyging wat jy nou gemaak het. Hoop j het jou bewyse en feite reg anders kan jy groot moeilikheid kry.

Johan ·

Ek hoop ook van harte dat Marie als inorde het en kan bewys…..
Indien nie, moet die nodige stappe teen haar gedoen word….
Daar is toenemende druk op skole en ons het nie mense op die kant nodig om hierdie aantuigings te maak nie…..
Sou dit waar wees wat Marie se, is hierdie elkgeval nie die forum om die skool en personeel op ‘uit te haal’ nie. Die forum handel oor die kind wat terug en veilig is……waarvoor ons almal dankbaar is.
Daar is kanale om te volg, Marie!
Hou asb by die forumonderwerp in die toekoms…..

Gesiggie ·

Samantha ek is so bly jy is veilig… Ek hoop nie so iets sal weer gebeur… dit maak die arm kind se lewe net nog meer moeilik.. Hoop dat jy baie liefde en goeie sorg sal ontvang… Jy verdien nie nog seer.

Nico K ·

Die een probllem is dat ons nie weet wat is die rede hoekom sy in sorg geplaas is nie. ‘n Familie vete? ‘n Egskeiding met ouers wat oor die kind baklei? Ek weet nie, maar dit is duidelik dat daar persone is wat nie saamstem met die Welsyn se besluit nie. Wat gedoen was is verkeerd, maar kan darem nie regtig as ontvoering beskou word nie want dit blyk dat die kind vrywillig saam gegaan het.

Die groot probleem is dat dit is al die soveelste keer wat die sosiale media vol is van ‘n kind wat “ontvoer” is en ons is almal bekommerd, en dan is dit of ‘n familielid wat betrokke is, of die kind het self weggeloop. Mense gaan later nie meer die berigte ernstig op neem nie en dink seker maar weer ‘n stout kind wat weggeloop het.

Illa ·

Nico, ek stem nie met jou saam. Dit sal ‘n hartseer dag wees wat ons as ‘n gemeenskap wegkyk en onaangeraak gelaat word deur die nuus van ‘n vermiste kind omdat dit dalk “net weer ‘n stoute kind is wat weggeloop het”. Laat vaar bietjie jou tonnelvisie en besef dat sommige kinders wegloop as ‘n enigste uitweg sien omdat die omstandighede by die huis nie wenslik is nie. Selfs ‘n kind wat rebelleer doen dit omdat hy nie emosioneel volwasse genoeg is om hom hulp te vra nie, so wegloop is ook maar ‘n noodkreet om hulp. Dit sal bitter hartseer wees as ‘n kind vir daardie onvolwassenheid met sy / haar lewe moet boet en dit is ‘n wesenlike gevaar wanneer ‘n kind wegloop.

Ek wonder... ·

Distrik 6 nogals… wel, minstens is sy veilig. Dis egter traumaties vir enige kind as daar onenigheid tussen ouers is of “toutrekkery” om toesig oor die kind/ers te kry. ‘n Hof staan nie SOMMER toesig aan een van die twee partye toe as daar nie vraagtekens oor die ander party se bevoegdheid is nie. Ek hoop die betrokkenes dink EERSTENS aan die kind en haar belange en tree daarvolgens op en nie om mekaar te “spite” of te na te kom nie.

Theresa B ·

Ek is SO bly sy is veilig. Maar ek kry haar ook so bitter jammer. Die arme kind. Dan is sy hier en dan is sy daar. Dan is sy by hierdie mense en dan by daardie mense. Sy moet so verward wees.

ANRE ·

Aaaah, sy lyk na so vriendelike ou dogtertjie. Dis so jammer dat sy (en soveel ander kinders) deur sulke trauma moet gaan. Ek is bly sy is veilig!

Tannie ·

Dit is n groot verligting dat sy veilig gevind is. n Mens kan nou maar net hoop en bid dat sy in die toekoms onder behoorlike toesig sal wees dat so iets nie weer gebeur nie. Dit help nie om n kind uit onveilige situasie te verwyder en haar dan in n situasie te sit waar ‘ontvoering’ so maklik kon plaasvind nie. Waar was die persone wat verantwoordelikheid aanvaar het vir haar veiligheid ?

San ·

In KZN is kinders onlangs weggevat vir 6 maande deur die kinderhof. Omdat die grootouers gekla het oor tuisonderrig. Die staat gee nie altyd meer as die ouers om vir ‘n kind nie. Ek hoop Klara kan weer met haar familie verenig word

Dolla ·

Ek hoop van harte dat die grootouers mag nooit weer kontak met die kinders hê nie. Nie eers telefoniese kontak nie!!!

Mimi ·

Ek wonder mens hoor soveel stories oor kinderhuise. Maar ek wens ek het vir die media gewerk Dan sou ek n opvolg gedoen het met kinderhuis en n privaat opvolg met die meisie mensie. Ek so bly sy is veilig.

x veiligheids ouer ·

As n gewese veiligheids ouer kan ek se dat daar baie gevalle is wat kinders verwyder moet word maar daar is ook gevalle wat dit heeltemal onnodig gedoen word, as ek n boek moet skryf oor Suid Afrika se welsynsdienste sal baie mense se hare regop staan. Ons het oor 12 jaar 96 kinders deer ons huis gehad waarvan teminste 20 onnodig verwyder was en op die einde na 6maande weg van hul ouers weer terug is na hulle toe, van die 20 was 14 gevalle agv oupa en ouma wat die kinders wou he nadat mamma met die kind uit hulle huis getrek het, wat ouma en oupa nie verstaan nie is dat die kind nie na hulle toe gaan gaan as daar n toutrekkery oor die kind is nie, die kind gaan in n plek van veiligheid opeindig, dit is baie traumaties vir die kind en ouer, in die 12 jaar het ons net een geval gehad dat 2 boeties by ons was oor daar in n egskeiding moes besluit word by wie gaan die kinders bly, dan was daar gevalle wat kinders vanaf pleegsorg huise by ons geplaas is omdat hulle daar mishandel is. Hoe is die pleegsorg ouers gekies en hoe het n kind 2 jaar daar gebly voor haar maatskaplike werker iets daarontrent gedoen het. Dan is daar kinders wat vanaf ons uitgeplaas is na kinderhuise omdat n plek van veilighgeid kwansuis n kind net 6 maande mag huisves en sy toe reeds 2jaar by ons was, en toe ons weer sien het dieselfde meisie op 14 jaar swanger geraak in die kinderhuis, en toe word sy onthef en moes uit die kinderhuis uit. Dit terwyl ander kinders in veiligheid by ons sommer 8 jaar daar was en in die tyd het ons hulle maatskaplike werker 2 keer gesien. Dis oor sulke redes dat ons gewese veiligheids ouers is, maatskaplike werkers is toe gegooi onder die werk, een het selfs aan ons herken sy het oor die 300 gevalle op een slag, toe ons begin vrae vra oor hoe werk dit het n paar mense baie snaaks geraak met ons, solank ons net stil gebly het was hulle baie gelukkig met ons maar die oomblik toe ons begin praat en 4 sussies agv daarvan terug is na hulle ouers toe, toe is hulle baie kwaad vir ons. Moet my nie verkeerd verstaan nie, daar is baie goeie maatskaplike werkers maar daar is ook die wat glad nie maatskaplike werkers behoort te wees nie. Soos in die geval van die dogtertjie sal ons almal as buitestaanders nie weet of sy moes verwyder word of onnodig verwyder is nie, ons kan net vir haar bid dat die regte dinge vorentoe in haar lewe sal gebeur. En bid maar vir die maatskaplike werkers ook dat hulle regte besluite sal neem.

ook n mamma ·

Ek her gehoor die kind would nie meer in kinderhuis were did hoekom sy haar mamma glo van n vriendin se foon AF gebel het en glo vir haar mamma gese her as haar mamma haar nie gaan haal gaan sy self moord pleeg. Of dit waar is dit weet ek nie maar wat as dit waar is wat die mense se Dan moet daar mos iewers n Groot problem wees.as dit my kind was sou ek dit mos ook doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.