Vermiste Middelburg-meisie gevind

Neline van Zyl.

Neline van Zyl.

Neline van Zyl, die laerskoolmeisie van Middelburg in Mpumalanga wat sedert Donderdag vermis was, is Woensdag gevind.

Riana Pilodia, woordvoerder van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het die nuus aan Maroela Media bevestig. “Sy is in die Loskopdam-gebied gevind waar sy by ʼn gastehuis versteek was. Die polisie is nou saam met ʼn maatskaplike werker op pad na haar ouers toe om hulle in te lig,” het Pilodia gesê.

Sy wou nie in dié stadium veel inligting bekendmaak nie, maar het gesê ʼn jong seun en sy ma is vir ontvoering in hegtenis geneem. “Ek weet nie of sy teen haar wil gevat is nie. Daaroor wil ek nie nou bespiegel nie. Maar ja, die seun en sy ma is in hegtenis neem. Die polisie sal later wanneer meer inligting beskikbaar is ʼn verklaring uitreik,” het sy gesê. Volgens Pilodia is Neline ongedeerd.

Maroela Media het vroeër berig ʼn grootskaalse soektog is na Neline van stapel gestuur nadat haar ouers Donderdagmiddag onraad vermoed het. Sy sou ná skool krieket by die Hoër Tegniese Skool (HTS) Middelburg gaan kyk het en daarna vir haar dansklasse gegaan het. Haar ouers het egter by een van haar vriende vasgestel dat sy nooit by die krieket opgedaag het nie en ook nie by die dansskool was nie.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Bleek Sannie ·

Dank Vader. Die omstandighede rondom haar verdwyning is nie vir my belangrik nie. Sy is veilig!

Peet Schabort ·

Wat ‘n verligting vir die ouers !! Kon die ma wat gehelp het regtig gedink het dat die ‘plan’ gaan slaag ?

Lisa ·

Dis my gebed dat my kinders altyd veilig sal wees en gelukkig sal wees. Niemand ken omstandighede nie maar al was kind ongelukkig kan mens nie kind wegsteek nie. Skakel ouers of maatskaplike werkers en laat hul dit op regte manier hanteer. Sterkte en Bid gesin herenig sal word. Net dankbaar sy gevind

Lizél ·

Dankbaarheid en verligting in my hart. Kan nie indink wat ek sal doen as so iets met my kind gebeur nie. Sterkte aan Neline en haar familie.

Elize ·

Miskien moet ouers vandag hand in eie boesems steek! Hoeveel weet ons van ons kinders se doen en late? Hoeveel woon ons by? Eet ons 1 maaltyd per dag as gesin? Of is ons so besig om goeters bymekaar te maak dat ons tred met ons kinders en wat vur hulle belangrik is verloor het. Dank die Hemelse Vader hierdie is nie nog ‘n tragiese einde nie.

Dankbaar ·

Kinders word maklik mislei met mooi woorde. Veral dogters. Geld speel ook n groot rol. Ouers kerm baie oor hulle kinders se houding en kleredrag en skoolwerk, dit maak die kinders negatief en ander mense buit dit uit. Dan glo die arme kind hierdie mense verstaan my en is liewer vir my as my ouers – kom ek gaan saam met hulle. Albei die partye (ouers en die vreemde vrou) moet verantwoording doen. Die kind gaan baie bang wees en steeds opstandig – sy moet berading kry – DEUR IEMAND WAT WEET HOE OM DIE SITUASIE TE GEBRUIK EN HOE OM DIT OM TE SKAKEL IN IETS POSITIEFS. Hierdie situasie kan beide die families se bande sterker maak of breek. Ek het self n dogter en is self deur so “ontvoering” glo my – slegs deur God se ganade kon ons die situasie omswaai in n positiewe aksie vir ons as gesin. Sterkte vir die ouers

Theresa ·

Awesome nuus. SO bly sy is veilig en kan met haar ouers herenig word. Julle is SO gelukkig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.