Vermiste Midmar-swemmer se liggaam gevind

Tristan Dennis. Foto: Facebook.

Tristan Dennis. Foto: Facebook.

Die liggaam van Tristan Dennis (30) wat Saterdag op die eerste dag van die Midmarmyl in KwaZulu-Natal verdwyn het, is Dinsdagoggend opgespoor.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê sy liggaam is gevind waar dit in die water gedryf het. “Die Howick-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek,” het Zwane gesê.

Maroela Media het Sondag berig Dennis, van Durban, het aan sy maatskappy se aflosresies deelgeneem en om 11:22 in die water ingegaan. Daar was egter nie enige teken dat hy weer uit die water gekom het nie.

Sy vriende wat saam met hom geswem het, het die organiseerders in kennis gestel nadat hulle vir langer as ʼn uur gewag het vir hom om uit die water te kom.

Die protokol wanneer iemand verdwyn is dadelik ingestel en al die mediese fasiliteite is deursoek en daar is bevestig dat lewensredders hom ook nie uit die water gehaal het nie.

Die polisie se soek- en reddingspan, onder leiding van lt. Jack Haskins, het sedert Saterdag in die dam na Dennis gesoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Griet ·

Ai, dit is so tragies! Sterkte aan die families en geliefdes.

Tammy ·

Ons harte gaan uit na die familie en vriende . Dis so hartseer .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.