Vermiste Mooinooi-vroue: Voertuig gevind

Die uitgebrande motor. Foto: Verskaf

Die voertuig van Joey (32) en Anisha van Niekerk (30), die twee vroue wat verdwyn het nadat hulle Sondag by ʼn kleinhoewe in die Mooinooi-omgewing in Noordwes weggery het op pad Pretoria toe, is gevind.

Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee vrouens se wit Nissan X-trail-sportnutsvoertuig is Saterdagoggend in die Magaliesburg-omgewing gevind. Volgens Talane is die voertuig heeltemal uitgebrand.

Daar is egter nog steeds geen teken van die twee vroue nie en die polisie se soektog na hulle duur voort.

Maroela Media het vroeër berig Joey en Anisha is Sondag omstreeks 07:30 vir die laaste keer in die Mooinooi-omgewing gesien waar hulle saam op ʼn kleinhoewe bly. Joey se pa is onlangs oorlede. Hulle was op pad na Pretoria om sy roudiens by te woon, maar het nooit Sondag hul eindbestemming bereik nie. Hulle het ook nie Dinsdag die roudiens bygewoon nie.

Drie mans is Donderdag in verband met die vroue se verdwyning in hegtenis geneem. Talane het vroeër gesê persoonlike besittings, waaronder die vroue se bankkaarte, is in die verdagtes se besit gevind.

Aaron Sithole (23), Koos Strydom (53) en ‘n derde verdagte het Vrydag in die Brits-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, ontvoering, roof, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en dwarsboming van die gereg. Die saak is tot 22 Desember uitgestel en die verdagtes bly in aanhouding tot dan.

Enigiemand met meer inligting oor die twee vroue se verdwyning word versoek om ao. Christiaan Robinson by 082 643 6137 of 014 574 5000 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Hester ·

As hul drie vas het sweerlik kan hul maak dat hul praat vader weet???

Johan ·

Nie altyd so maklik nie. Die krimineel se regte is mos baie belangrik.

Leeutjie ·

Dinge begin al slegter lyk vir hierdie vroue om lewend gevind te word. Dis tragies!

LV ·

Dit lyk dat hierdie voertuig langs n teerpad staan,oop en bloot,hoe is dit moontlik dat dit nou eers amper n week later teruggevind word? Basiese speurwerk word net nie meer gedoen nie.

Leo ·

Miskien moet jy die speurder word en basiese klasse aanbied. Om verdagtes aan te keer voor voertuig of persone gevind is, is uitstekende speurwerk! Well done SAPS. Julle kan gerus die kenner nader om te help soek!

Coenie ·

Eerste plek is die polisie treurig om hulle werk te doen in die tweede plek hoekom gee die polisie nie ook n R 100.000 rand reward nie soos in die ander saak nie .Wat het van Leahim geword hy het die polisie vertel wat hy van hulle dink.

LV ·

Johan en Leo,ons sal uit die hofsaak vasstel wanneer en deur wie die voertuig langs die pad gelaat is,kan kyk ons wie is reg en of basiese speurwerk gedoen is.

honourable member ·

Wil hierdie parasiete nie maar die waarheid praat oor waar die meisies is nie.

Ekke ·

As niemand die 2 vroue gekry het nie.hoe weet hul die vroue is dood???? Dit maak nie sin nie??

Gillian Fisher ·

Ek wou dieselfde graag vra……hulle soek nie die vrouens, maar hulle praat klaar van moord.

Johan ·

As hulle nog lewendig is, sou hulle seker al gevind gewees het.

foxi ·

Wil so graag kommetaar lewer….maar ek voel so bedroef oor die dames se verdwyning.
Dit is regtig so tragies……??

marlene ·

Dis die hartseerste storie. Was op pad na pa se gedenkdiens. ????

JC Nel ·

Presies vra ek ook. Week later nou skielik word kar gekry nadat mense reeds in hegtenis geneem is? Is hulle dan nie ondervra nie of word hul “regte” dan weer aangetas. Sieklik!!

Kaptein ·

Die voertuig staan nie noodwendig al ‘n week daar nie …

Tresia Rossouw ·

Indien Randfontein Magalies pad.Laas sondag (omtrent 11 uur daar verby) geen voertuig maar het donderdag voertuig gesien.

Vraagtekens ·

My kop draai met vragtekens. As die kar nie al n paar dae da staan nie, is da sekerlik nog iemand wat nog nie gevang is nie. Of as die kar da staan vir n paar dae hoekom is hy nie vroer gekry nie. Hy staan reg langs pad. Dit is oral op nuus en baie mense ry die pad. Kom ons hoop vir die beste.

Trace ·

Hoe kan verdagtes aangekla word vir moord as daar nog nie lyke gevind is nie…

Kaptein ·

Die omstandigheids getuienis is genoeg vir die aanklag ek reken. Ek reken dis ‘n geval van “bewys ons verkeerd”.

Oorweeg ook dat die polisie nie noodwendig al hulle inligting in die pers plaas nie.

Sam ·

Die mees onvanpaste simpelste kommentaar wat ek nog ooit gesien het Patsy….

Al ·

My hart gaan uit na die families. Sterkte in jul rou.
Ek lees die laaste tyd nie nuus gereeld nie, maar wat opvallend is, is dat daar n ruk nou stil is oor plaasmoorde – is dit omdat die ANC konferensie almal besig hou?

Casper Labuschagne ·

Dit is omdat plaassekuriteitt tans bedryf word soos in ‘n oorlogsone na die onlangse vlaag aanvalle. Maar so ‘n situasie is nie onbepaald volhoubaar nie, beskermers het af tyd en rus nodig, en plaasboere het take op die plaas om te verrig wat hulle weereens sal blootstel.

mustang sally ·

Dit is hartverskeuend. Oppad na n roudiens en dit gebeur. Kan hul nie net wakker skrik en kyk wat om hul aangaan nie. Die wereld is siek daar buite. Wat gaan van ons kinders word

Cherokee ·

‘n Goeie begryper het ‘n halwe woord nodig. Sally praat van die regering.

Casper Labuschagne ·

‘n Duur model motor wat uitgebrand word is verseker verbind met ‘n misdaad. Dit behoort enkele ure te neem om die wrak te verbind met twee vroue wat vermis word. Maar dit neem ons SAPS 7 dae en dan het die “verdagtes” wat gevang is “regte”, gevolglik is die twee vroue steeds vermis. Pateties verby.

Gesie ·

Ek lees al die kommentare en verstom my dat mense so hulle eie afleidings maak, sonder dat hulle alles weet. Die media weet ook nie alles nie omdat inligting wat die saak kan belemmer nie bekend gemaak kan word in die media of publiek nie. Ek is persoonlik na aan die saak en kan sê dat daar steeds goeie, hardwerkende, passievolle wetstoepassers is wat alles in hulle vermoë doen om antwoorde vir die geliefdes van slagoffers te kan gee.

Wil net sê ·

As jy werk, sal jy sekerlik weet daar is prosedures, reëls en regulasies wat gehoorsaam moet word. Hoekom anders met SAPD?

T ·

Dis te hartseer om enige komentaar te lewer. Maggies oppad na die roudiens, en voor Kersfees. Asb laat hul gevind word!

Tienie ·

Wat ‘n hartseer rubriek .- sulke 2 pragtige jong vroue wat ook nou statistiek is van hierdie wettelose , misdadige land van ons . ?

Yolande ·

Vreeslik vreemd. Hoe is dit dat die mans nie praat nie? In watter berig het hulle name van verdagtes bekend gemaak. Ekt hom gemis.

Erte ·

Daar is al meer as dertig mense vermis en vermoor net in die omgewing. Wanneer gaan die patetiese SAP iets doen??

Anti- Erte ·

Wanneer gaan jy daaraan iets doen? Dit lyk asof jy al die antwoorde het en alles baie beter kan doen.

Magda ·

Iewers maak iets nie sin . Oppad na roudiens van pa word gekaap en is weg . Is daar nie erfgeld betrokke nie dat hulle dalk erfgename is en nou weg raak of so daar is iewers n slang in die gras

RP ·

Nee Magda, dit is nie die geval nie. Joey is nie so tipe mens nie. Sy is baie saggeaard en baie naby aan haar familie. Miskien moet jy sulke kommentaar liewer vir jouself hou. Dis moeilik genoeg vir haar familie

Tessa ·

Ek wonder of die dames nie dalk ‘n groot klomp kontant in hul besit gehad het, om vir die begrafnis te betaal nie? Dalk het Koos Strydom dit geweet…..

Stephan ·

Magda jy weet nie waarvan jy praat nie so asb doen ons n guns en hou jou kommentaar vir jouself dis onbeskyflik moeilik vir ons almal wat hul lief het!

Elize ·

Anti-Erte, is jy in die polisie diens? Hoe dink jy? Behalwe as n individu n Wit wolf op homself trek, hoe dink jy hy/sy gaan n verskil maak?

A.J ·

Ek wonder hoe lank staan die uitgebrande motor al daar? Dit staan by n pad, nie eers weg gesteek nie. Het dit amper n week gevat vir iemand on dit aan he meld of vir die polisie on dit te vind of dalk is die voertuig onlangs gebrand? Daars dalk nog mense betrokke. Ek dink nie hierdie is net n gewone moord end roof saak nie

jan_alleman ·

ai tog mense , skrik net wakker , as jy deesdae nie n vuurwapen aan jou sy het nie soek jy vir moeilikheid

Riette ·

Gesie,
Ons kan net kommentaar lewer oor wat ons lees.
Het jy ons kommentaar op die vorige ook gelees, veral die ene waar saps se 3 mense is in hegtenis neem en word onder meer van moord aangekla al is daar nog gee liggame gevind nie??
So as jy so na aan die saak is, vertel tog hoe ons anders ons vrae moet vra?
Hoekom speletjies speel met die pers saps?
Hulle berig aan ons, moet dan eerder niks se tot daar iets is om te se.
2 jong vroue se lewens is hier ter sprake, dis nie speletjies nie.
Sterkte aan die familie en vriende, hopelik word jul vrae en ons s’n gou beantwoord oor hierdie tragiese gebeurtenis.

T ·

Yolande lees hierdie berig waarop ons kommentaar lewer, dan sal jy die name sien.

Fanus bruwer ·

Almal van ons wat in sa woon dobbel met ons lewens. Ons weet dit en aanvaar dit. Die stakes is net hoër in sekere plekke. Dit was ook maar so in die tyd van die voortrekkers maar toe kon jy jou self verdedig sonder om eers toegesluit te word en dan te probeer om jou onskuld te bewys teen n enorme koste.

Cherokee ·

Sam, jou terugvoering aan Patsy is die mees onvanpaste simpelste kommentaar wat nog hier verskyn het. Ek is verbaas dat Maroela, wat vir nietighede nie publiseer nie, jou toelaat om so onbeskof te wees. Dit is ‘n logiese vraag wat sy gevra het.

Roemy Janse van Rensburg ·

Ek het Vrydag oggend al verby hierdie karretjie gery oppad Harties toe van Potchefstroom af.

LV ·

Kommentators se hulle het alreeds Donderdag die voertuig langs die pad gesuen,terwyl SAPD se hulle het eers Saterdagoggend die voertuig gekry. Dit klink of dit n redelike besige pad is,hoeveel polisievoertuie het daar verby gery sonder om ondersoek in te stel nie
Dit bevestig my vermoede dat basiese speurwerk in baie gevalle net nie meer gedoen word nie.

Sam ·

Nee Cherokee, Maroela ken die verskil tussen onbeskof en nie onbeskof. Jy dalk die HAT kry sodat jy ook die verskil kan leer.

Popeye ·

Volgens ‘n nuusberig het een van die verdagtes Koos Strydom ‘n skuur op die kleinhoewe gehuur vanwaar hy ‘n panelbeatingbesigheid bestuur het. Dus was hy ten volle bewus van die dames se bewegings, doen & late! Die ander 2 Mosambiekers het glo vir hom gewerk. Dis mos dan nou wat hulle ‘n inside job noem.

Leon ·

Hi mense,ek is an Namibia,en dit is baie hartseer,maar om so sinneloos te beskuldig en baklei,gaan nie twee dames se lot oplos nie,kry eerder hulp vir die polisie,want meer ore en oe is altyd welkom

WB ·

LV. Jy het baie te se oor basiese speurwerk. Deel asb jou meerdere kennis oor die onderwerp. Ek is seker op hierdie forum sal ‘n paar dienende lede voordeel kan put uit jou kennis.
Jy het duidelik nie ‘n benul hoe die prosesse binne die SAPS werk nie.

LV ·

WB,kom ons kyk hoe verloop die ondersoek,dan praat ons weer.Al wat ek weet dat as n voertuig ten minste 3 dae loop en bloot langs n besige pad staan,daar iets ernstigs verkeerd is met die verloop van die ondersoek.

Anna ·

Dit lyk of daardie groep verantwoordelik is vir verskeie “verdwynings” in Rustenburg omgewing. Dieselfde het met n kennis se kiind gebeur, voertuig en oorledene was 4 dae vermis, toe is uitgebrande wrak van voertuig gekry, oop en bloot langs . Openbare pad, en meer as 2 weke later is sy oorskot gevind. So tragies dat soveel mense in rou gedompel word daardeur. Hoop hulle brand in die hel verewig!

Chilli ·

Die SAPD gaan onder groot druk van ons regstelsel en kan ook nie net maak soos hul goed dink nie om n saak op te los nie. Ek ken die vrouens van geen kant nie maar hulle pragtige glimlaggende foto het n brandende “image” in my gedagtes…die heel tyd. Ek voel verskriklik jammer vir hul geliefdes. Daar is net hierdie gevoel in my hart dat as daai Koos en trawante hul besittings het en die kar elders uitgebrand is, dat hulle nader aan die kleinhoewe moet kyk (wat hulle swkerlik doen) Forensies behoort tog te kan vas stel hoe lank die voertuig al uitgebrand is ens maar ons land is nou nie NCIS nie, so dit mag dalk tyd neem. My hart is benoud.

Luister ·

Deursoek die skuur op die kleinhoewe baie goed vir geheime deure, of ondergrondse-
kamer; waar iemand aangehou kan word. Ja….. ek kyk baie misdaad programme; dit gebeur wel.

Lydia ·

Ek het gister verby die uitgebrande Kar gery en dit vreemd gevind dat dit so langs die pad staan. Geen teken van n ongeluk… Nou Lees Ek alles hier… Hoe vreeslik…. Vandag toe Ek weer daar verby ry is die Kar verwyder.

Tertia ·

Ai en dit is so ‘n mooi area… en hulle lyk so pragtig en sag op die foto’s. Hoe kan mens nou iets aan hulle wil doen? Veral iemand wat hulle ken… Dogtertjies en vroue is mos sag. Ai man.

Amelia ·

Ons dink aan hul geliefdes.. Wanneer woorde oorbodig is, word liefde n stille gebed… Ons vertrou God om jul sterk te hou, krag te gee, en om jul styf vas te hou deur al hierdie seer..

fm ·

Wat ‘n ontstellende gebeure. Mag die skuldiges aan die pen ry en gou ook. Baie sterkte aan die naasbestaandes. Dit kan nie ‘n maklike tyd wees nie.

Bekommerd ·

Ek is Seker die 3 verdagtes weet PRESIES waar die 2 vermiste vroue is…….die waarheid sal sëevier……..alles wat jy in die duisternis doen SAL in die lig ge-openbaar word……dit werk so.

lorayne ·

Ek dra hierdie 2 pragtige jong dames, hulle gesinne en almal wat hulle liefhet, op aan die Here. . .
ek bid saam dat hulle ongeskonde gevind sal word. . .

Sella ·

Good nee dis aaklig om te Lees. Joey is n wonderlike mens met soveel liefde en omgee vir almal wat oor haar pad kom. Ek bid dat hulle veilig gevind sal word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.