Vermiste Moti-broers tuis

Die vier Moti-broers wat met hul ouers herenig is. [Foto: Verskaf]

Die vier broers van Polokowane, Limpopo wat op 20 Oktober verdwyn het toe hul motor gekaap en hulle ontvoer is, is  veilig met hul ouers herenig.

Dié nuus is Donderdagoggend vroeg op Auto Moti se Facebook-blad aangekondig – oënskynlik deur die ouers self. Dit is ook deur brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, bevestig.

“Die ouers van Zia (15), Alaan (13), Zayyad (11) en klein Zian (6), Naazim en Shakira Moti, is verheug oor die terugkeer van hul vier seuns,” lui die inskrywing op die blad van Naazim se onderneming.

“Ons spreek ons opregte dankbaarheid uit teenoor die Suid-Afrikaanse Polisiediens, ons politieke partye, die media, sosialemediabeïnvloeders en almal wat vir die veiligheid van ons kinders gebid het. Ons is dankbaar dat hulle vrygelaat is en toe ons die oproep ontvang dat ons die kinders kan gaan haal, het ons ons vol hoop na die toneel gehaas.”

Die ouers het die inskrywing afgesluit deur vir “privaatheid” te vra en aangedui dat hulle oor ʼn paar dae met die media sal praat.

“Ons sien uit om as ’n familie te genees en sal ʼn bietjie privaatheid vir ʼn rukkie waardeer.”

Volgens Naidoo het die polisie in Vuwani, Limpopo, Woensdagaand ʼn oproep van ʼn plaaslike inwoner ontvang dat die kinders by dié se huis opgedaag het nadat hulle glo op ʼn nabygeleë pad afgelaai is.

“Die polisie het ʼn mediese dokter gereël wat bevestig het dat die kinders in goeie gesondheid verkeer voordat hulle aan hul ouers oorhandig is. Dit het ook geblyk dat die kinders in ʼn goeie luim was tydens die hereniging met hul ouers.” Naidoo sê die kinders is nog nie ondervra nie, maar dat polisiesielkundiges Donderdag bystand in dié verband sal bied. “Die ontvoering-ondersoeksaak duur steeds voort en ons doen ʼn beroep op enigiemand wat kan help met inligting om die ontvoerders vas te trek om asseblief die polisie te kontak.”

Maroela Media het vroeër berig die seuns was op die betrokke dag omstreeks 07:00 van hul huis in Nirvana op pad na Curro Heuwelkruin, toe hul silwergrys BMW gekaap en die broers ontvoer is.

Die polisie het vroeër gesê dat sewe mans met wit oorpakke uit ’n Kia Sorento en Mercedes-Benz geklim en skote op die BMW afgevuur het. Die seuns is toe glo uit die BMW in die Mercedes gedwing en later in ’n Toyota Fortuner oorgelaai.

Dit is nie duidelik of ’n losprys ooit geëis is nie.

*Hierdie is ʼn ontwikkelende storie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Tanja ·

Hierdie is ń baie vreemde storie, hier is meer as net ontvoerde kinders aan die gang

Fae Fubar ·

En, net soos ek verwag het, is die Antichris homself weer besig met sy af duimpies by elke boodskap waar dank aan Christus gegee word. Ou, kry vir jou ‘n lewe. Scroll maar verby ons Christene wat nie eendag dieselfde nare verrassing as jy by die Poorte gaan kry nie.

Pieter ·

Wie dink jy is jy om ander anti chris te noem. Kyk in die spieel.

Fae Fubar ·

Liewe Pieter. Ek kyk in die spieël en sien ‘n Godskind. Dieselfde God wat mý geskape het, het die Moti-seuns geskape.

TRP ·

Seker nie, maar op hierdie stadium is mens net dankbaar al 4 kinders leef.

Fae Fubar ·

Ja, dit was regtig ‘n ontvoering. Ryk sakemanne – en nou die kinders van ‘n ryk sakeman – word maandeliks ontvoer vir lospryse.

Misky ·

Wonderlike nuus en ek al so slegte gevoel begin ontwikkel soos die tyd aanstap en mens hoor niks nie. Dankbaar en so bly vir die ouers

Dorkie ·

Ek móét net met jou deel toe ek lees hulle prokureur het ontrek, het ek ‘n klomp goed gedink. Na ek so bietjie ander nuus gelees het en terug kom na Maroela en sien die seuns is gevind was my hart so dankbaar! Dit is sulke goeie nuus!

Perdeby ·

Ek is bitter baie dankbaar die kinders is veilig. Hier is iets snaaks aan die gang. Ontvoer vir so lank en geen geld geeis nie. Iets rym nie.

Jeffrey ·

Hoe weet jy dat daar geen geld geëis is nie ? As jy die artikel dwarsdeur gelees het sal jy sien daar staan wel dat dit nie duidelik is of n losprys geëis is nie. Ek glo nie die ouers gaan te koop loop met details oor die losprys nie (veral nie in ons misdaad besaaide land nie), dit kan aanlyding gee tot nog kaping pogings op hul kinders indien dit sou lyk asof die ouers maklik toegee en miljoene spoeg elke keer as iemand hul kinders ontvoer.

FJ ·

Ek is van mening dat hier wel ‘n ruim losprys betaal is. Daar is wel nie in die media daaroor berig nie.

Daleen ·

So so dankbaar saam die gesin dat die seuns terug is by die huis.

Annelize ·

Hierdie situasie was van die begin af, en is nog steeds baie vreemd. Hier is een vet slang in die gras.

Nogtans baie bly dat die kinders ongedeerd gevind is, alhoewel my 6de sintuig vir my se hierdie kinders was nooit in werklike gevaar nie.

Swerwer ·

Dankie aan ons hemelse vader dat die seuns veilig met hul ouers herenig is.

msp ·

Wat ook al, ek dank God dat hulle veilig is. Ongelukkig is die hele Suid Afrika ń raaisel.

Lindi ·

Die publiek gaan NOOIT die ware storie hoor nie. Dit gaan absoluut toegesmeer word en net gese word “gun ons ons privaatheid. Hier het iets baie vreemd gebeur

Deonne ·

Daar is defnitief n slang in die gras, iets is nie pluis met die “ontvoering” nie.

marius ·

Baie bly vir die familie . Nou moet die slange gevind word wat agter die ding sit , en daar moet volgens Moslem Reg met hulle gehandel word . Punt .

Rudi ·

Baie bly vir hulle. Ek wonder net wat is die storie daaragter.

Samuel ·

Prys die Here dat die kinders veilig is. Die ouers moet oorstelp van vreugde wees. Keer nou net die misdadigers aan.

Patch ·

Baie bly die kinders is veilig en ongedeerd. Soos baie ander lesers wonder ek ook maar oor hierdie ontvoering…

Pablo ·

Ek is bly die kinders is tuis. Ek hoop die kriminele gaan nie daarmee wegkom nie.

groenboer ·

Ek gaan ‘n raaiskoot waag dat daar ‘n losprys betaal is…

Jeffrey ·

Aan almal wat so bespiegel oor die “slang in die gras”, indien my kinders ontvoer was sou ek ook die details en of ek n losprys betaal en hoeveel ek betaal het privaat wil hou, om enige herhalings te voorkom. So n saak is uiters sensetief, veral in n krimineel besaaide land soos Suid Afrika waar die uitbyting van welgestelde mense as nog n geleentheid gesien word. Net my opinie.

sopbeen ·

Ja, as jou kinders se lewens daarvan afhang en die ontvoerders jou belet om owerhede ens te betrek sal ek ook net betaal en bid dat hul gehoor sal gee aan hul beloftes en my kinders veilig terug besorg.

Aai ·

Dalk werk die seuns self aan hulle aftree dag.Daar moes iets oorbetaal gewees het.Lekker xbox gespeel dalk.

Praat ·

Dankie tog , maar die arme kinders se lewens sal nou nooit weer dieselfde wees nie.

Die storie het erg baie publisiteit in ons land ,asook internasionaal gekry.
So baie moontlike scenarios . . .

Kriminele hou nie van baie oogballe op hulle nie , die risk raak te groot so ek kan net aanneem hulle het besluit om die kinders daarom te laat gaan.
OF
n losprys is wel betaal en dit word net stil gehou.
OF
Die feit dat die prokereur onttrek het, kan aandui dat die saak meer "persoonlik" geraak het en sekere geheime mag dalk uitkom , wat ook
n losprys of blackmail kan behels.

Wie weet. . eks seker die storie sal uitkom.

Belinda ·

Prys die Here! Ek is so bly die seuns is veilig en ongedeerd.
Ek sal graag nogsteeds die hele storie wil ken. Maar ek is bly hulle is terugbesorg aan hul ouers.

Skappie ·

Baie bly dat die seuns nou veilig tuis is by hulle ouers.

Blomme ·

Goeie einde vir ń hartseer storie. Buitengewoon vir SA.. Hier eindig sulke gevalle altyd in geweld en trane. Baie bly die onskuldige kinders is ongedeerd by hul ouers.

Elmarie ·

Iets met hierdie ontvoering is nie pluis nie. Ek dink nie ons weet wat alles gebeur het nie. Baie hush hush

Dankbaar vir die kinders dat hulle terug is by hulle ouers.

TRP ·

Die beste nuus vir die week midde al die seer en hartseer. Baie bly vir hierdie ouers.

annie ·

Tik die kinders se van in op internet en jul monde sal oopval. Hierdie storie loop diep en die waarheid… Lees self.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.