Vermiste motorfietsryer dood aangetref

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 68-jarige motorfietsryer van Mpumalanga wat Saterdagmiddag as vermis aangemeld is, is ná middernag langs die pad dood aangetref.

“Die man het laat Saterdagmiddag met sy motorfiets gaan ry,” het Luyanda Majija, woordvoerder vir ER24, in ʼn verklaring gesê. “Drie van sy gesinslede het na hom begin soek toe hulle hom nie in die hande kon kry nie. Hulle het ER24 en die betrokke owerhede in kennis gestel.”

ER24 en ʼn soek- en reddingspan het ʼn 15 km-gebied vir ongeveer 90 minute lank gefynkam en sy liggaam sowat 10 meter van die pad, in ruie grasveld opgespoor. “Hy is op die R32 tussen Lydenburg en Sabie in Mpumalanga opgespoor,” het Majija gesê. Sy motorfiets was by hom. “Dit is nie duidelik wat tot die ongeluk en sy gevolglike afsterwe gelei het nie, maar volgens die merke op die pad wil dit voorkom of hy beheer oor die motorfiets verloor en dit van die pad af gery het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Slim Daan ·

Ai tragies. Dan weer het Clint Eastwood in Dirty Harry gereken ” every man should know his limits “. Voorwaar n gerekende ouderdom en n man kan gevolglik maklik agter die wiel ( stange ) aan die slaap raak ?

AmY ·

Kan dit moontlik wees dat hy (buiten dat hy beheer oor die fiets verloor het) dalk ‘n beroerte of hartaanval kon kry? Die nadoodse ondersoek sal seker alles sê. Sterkte aan die familie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.