Vermiste myners oorlede ná brand

Argieffoto

Argieffoto

Vier werknemers is dood toe ʼn brand by ʼn Implats-platinummyn in Rustenburg, Noordwes, uitgebreek het.

“Dit spyt Implats om aan te kondig dat al vier werknemers wat verdwyn het ná ʼn ondergrondse brand Vrydag by Impala se nommer 14-skag, oorlede is,” het Impala Platinum Holdings Saterdag in ʼn verklaring gesê.

Die myners is oorval deur rook terwyl hulle skuiling vir veiligheid gesoek het, het die maatskappy bygevoeg. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend gemaak nie.

Mosebenzi Joseph Zwane, minister van die departement van minerale hulpbronne, beplan ʼn reis na Rustenburg om die myn te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Chris W ·

Ai – ja – jai !Nou moet ‘n minister gaan kyk wat gaan aan!Maar as daar 20 in ‘n motor voertuig botsing sterf kraai geen haan in die regering daar oor nie!Daar sterf ongeveer 300 in myne landwyd jaarliksmaar tussen 14,000 en 20,000 en daar word nie naastenby so bohaai oor gemaak nie.Die regering is ‘n spul patete!

Jaco Grobler ·

Stem met jou saam, en begin nou so raak in ons hospitale ook, hoeveel mense is die jaar dood a.g.v nalatigheid in hospitale, die plek waar jou welstand JUIS die prioriteit moet wees. Myne wat uit die aard van die saak gevaarlike werksplekke is, se veiligheidsrekords het meestal verbeter oor die laaste paar jaar, veiligheid word heel dikwels oordoen. Die teenoorgestelde geld vir ons paaie/hospitale.

Dirk ·

Al rede hkm daar nie ‘n bohaai gemaak word nie is oordat die regering hulle self geen administrasie boetes kan oplê nie maar die myne wat private instansies is wel hierdie boetes en opskorting van mynbou bedrywighede tot gevolg kan hê. En verder omdat die platina uitgevoer word en die beleggers nie bloed op die minerale duld nie. Dis ‘n bja donker tyd vir 14# en ek wens hulle alle sterkte toe en so ook die families van die oorledenes.

Chris W ·

Dit moes lees :”tussen 14,000 en 20,000 mense sterf op ons paaie en daar word nie naastenby so bohaai oor gemaak nie”

dewald ·

as jy nie iets slims of goeds se het nie dan moet jy liewer jou mond hou.daardie mense wat in die myn dood is was hul gesin se brood winners gewees en iemand se geliefdes. sterkte aan die gesinne

Jaco ·

Dewald ek stem 100% saam met j. In elke geval Chris is n ongeluk op n myn veiligheids verwant en n ongeluk op n pad n hele ane geval. Soos wat n ongeluk op n myn ondersoek word deer mense van veiliheid word ongeluk op paie deer ander overhede ondersoek. Onkundig!!!!!!!!

Chris W ·

Onkundig?Ek het 35 jaarop myne gewerk.Julle kan my niks vertel van myn ongeluk ondersoeke nie.Jammer!Ek is nie onsimpatiek teen oor die families van die oorledenis nie.Glo my.Hulle het my innige simpatie met hul verlies.
En so ver dit ongelukke op paaie betref ,die punt wat ek wil maak is dat duisende mense op ons paaie sterf elke jaar en die owerhede doen NIKS daaraan nie.Hier is ‘n reuse werkskeppings geleendheid wat hulle eenvoudig nie benut nie.Hulle moet net 10 maal soveel verkeers manne oplei en aanstel sodat daar om elke hoek een sit met of ‘n spoed lokval of kyk vir mense wat oor sperstrepe ry want dis die grootste oorsaak van ongelukke.Gepraat van ongelukke -Ek en my vrou was in ‘n motor ongeluk amper 3 jaar gelede waar iemand op ‘n grondpad in ons stof gery en bo oor ons gery het van agter af toe ek wou regs indraai by ‘n boer se plaas .My vrou het brein beserings opgedoen onder andere en leer nou eers weer loop.Die bestuurder wat oor ons gery het het net R500 boete gekry vir roekelose en nalatige bestuur.Dit is pateties om die minste te se want ons mediese kostes beloop al R1,300,000 !

Jaco ·

Chris. Werklik jammer om dit tehoor. Jammer ook dat ek so aan gegaan het. Hoop werklik als werk uit vi jul en glo in my hart Pappa God is met jul. Blessings

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.