Vermiste mynwerker dood gevind

Argieffoto

Argieffoto

Een van die twee mynwerkers wat vermis was ná ʼn grondstorting Dinsdag by ʼn Impala Platinum (Implats)-myn in Rustenburg, Noordwes, is dood.

Johan Theron, woordvoerder van die myn, het gesê die werker se liggaam is in ʼn gebied gevind waar die grond uiters onstabiel is en kon dus nog nie verwyder word nie. Soek-en-reddingspanne gaan steeds onverpoosd voort om na die tweede mynwerker te soek, het hy gesê.

“Die families van die twee mynwerkers is in kennis gestel van die onlangse verwikkelinge en kry voortdurend ondersteuning van die myn, die departement van minerale hulpbronne en Amcu. Die families het versoek dat die name van albei mynwerkers vir eers teruggehou word,” het Theron gesê.

Terence Goodlace, uitvoerende hoof van Implats, het sy medelye teenoor die familie van die oorledene uitgespreek en gesê sy dood is ʼn verlies vir almal.

Die twee mynwerkers is sedert Dinsdag by die skag in Meriting naby Rustenburg vasgekeer. Sewe ander mynwerkers het ongedeerd uit die grondstorting gekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Ek het in ‘n vorige berig oor hierdie ongeluk kommentaar gelewer oor hoe sorgvuldig mynongelukke se oorsake ondersoek word asook die toekomstige stappe om dit te verminder.
Wat ek wel hier kan byvoeg is die betrokkenheid van die uitvoerende hoof Terence Goodlace. Hy is een van die kranigste mynmanne wat ek vroeër jare leer ken het. Wees dus seker dat met hom in die prentjie sal daar ‘n sorgvuldige ondersoek gedoen word.

Gesiggie ·

Wat gaan aan met die myne”’ nog twee mense… nou seker weer die selfde geval soos Lilley myn…hoe lank gaan dit vat om hierdie mans uit te kry” Gelukkig vir die ander 7 wat betyds kon uitkom. sterkte aan hul families

Se maar net! ·

Ai Gesiggie! As jy maar net besef hoe gevaarlik dit is vir die protospanne om hierdie mense te soek sal jy twee keer dink oor hoe lank dit gaan vat en elke geval kan nie met Lily myn storie vergelyk word nie. Sterkte aan die protospanne, julle is in ons gebede, mag elkeen van julle veilig wees. Baie jammer om te hoor van die x1 wat oorlede is, sterkte aan die families, ons weet die reddingspanne doen alles in hulle vermoee om hierdie mense te kry.

tinah ·

ek wonder ook. Ek wonder oor die kwaliteit van die opleiding wat die mense ondergaan, en almal behoort te kommer daaroor………………ek het inligting …………………en toe ek wou fluitjie blaas oor opleiding is ek orals gestop.

Maria ·

Moenie wonder nie. Weet dat probleem by BEE lê. Mense met kennis en ondervinding word oor die hoof gesien as dit by sleutelposisies kom ter wille van BEE en so sterf baie mynwerkers.

Nicole Roos ·

My meder helfde is deel van die Proto en hy met sy meder kollegas as ń span is ook uit geroep om tegaan help by die betrokke myn. Die wat kommentaar lewer oor wonder hoe lank dit gaan vat; Plaas jouself in daai proto mans se skoene wat by plekke in gaan om mense tegaan red. Daar is min mense wat sal doen wat die mans van ons doen. In my oë is hul Heroes. Mag God sy hand van beskerming hou oor al die Proto mans.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.