Vermiste mynwerker se liggaam na oppervlak gebring

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van een van die twee mynwerkers van die Implats-myn in Rustenburg, Noordwes, wat ondergrond vasgekeer was, is Vrydag na die oppervlak gebring.

“Ons kan nou bevestig die liggaam van mnr. Tanki Samuel Lepitikoe (40) is Vrydag deur mynreddingspersoneel na die oppervlak gebring,” het Johan Theron, woordvoerder van Impala Platinum (Implats), gesê.

Volgens Theron was Lepitikoe oorspronklik van Lesotho en het vier jaar lank as ʼn rotsbooroperateur by die myn in Rustenburg gewerk. “Sy gesin sal steeds berading en ondersteuning van die myn ontvang ná sy tragiese afsterwe, met die hulp van die departement van minerale hulpbronne en die vakbond Amcu.”

Hy het bygevoeg reddingspogings duur voort om Ohemile Moses Maamogwa te vind, wat sedert die voorval Dinsdag vermis word. Maamogwa (55), ʼn rotsbooroperateur, is van Morokweng in Vryburg, Noordwes. Hy het 31 jaar diens by die maatskappy. “Ons dink aan en bid vir almal tydens hierdie moeilike tyd,” het Theron bygevoeg.

Die twee mynwerkers is Dinsdag ná ʼn rotsstorting ondergrond by ʼn skag in Meriting naby Rustenburg vasgekeer. Sewe persone het ongedeerd ontsnap.

Lees alle vorige berigte oor Implats op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Frederik ·

” Sy gesin sal berading otvang “. Die woord ” berading ” word dikwels gebruik wanneer ‘n persoon ‘n onnatuurlike dood gesterf het en tog kom dit nie in een van my woordeboeke voor nie. Ek self sien dit as ” vertroosting “. Iemand wat my kan reghelp ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.