Vermiste Noorweegse student se besittings gevind

Marie Ostbo. Foto: Verskaf

ʼn Soektog na die vermiste Marie Ostbo het van haar persoonlike besittings opgelewer, maar daar is steeds geen teken van die 21-jarige student van Noorweë nie.

Ostbo het Woensdagaand verdwyn terwyl sy saam met ʼn buitelandse studente-toergroep in Sedgefield in die Wes-Kaap vertoef het. Sy het volgens die polisie net ná 18:00 saam met die groep op die strand gaan stap.

Die polisie het bevestig die soektog gaan vandag voort. Lede van die polisie se honde-eenheid, soek- en reddingseenheid en duikeenheid, asook die Wildernis-soek-en-redding (WSAR), die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), die provinsiale nooddienste en die plaaslike buurtwag is by die soektog betrokke.

Volgens die NSRI het die soektog na Ostbo wel van haar persoonlike besittings opgelewer. “Die polisie het haar selfoon, ʼn hoed en skoene op die strand gevind in die omgewing waar sy vermis geraak het.”

Die NSRI en die betrokke owerhede is intussen in kontak met Ostbo se familie in die buiteland en word bygestaan deur die polisie, die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, die Noorweegse ambassade en die departement van toerisme.

“Die polisie gaan voort met hul ondersoek en soektog. Alle moontlikhede word ondersoek. Die toergroep ontvang ook die nodige bystand,” lui die NSRI se verklaring.

Maroela Media het vroeër berig die toergroep het Woensdag omstreeks 19:00 na hul blyplek teruggekeer en toe eers besef dat Ostbo nie meer tussen die groep studente was nie.

Sommige van die studente het Ostbo glo net voor 19:00 laas op die strand, sowat 100 m van waar die groep tuisgaan, opgemerk. Sy was geklee in ʼn paar blou jeans en ʼn wit T-hemp.

Van haar vriende het na haar gaan soek, maar kon haar nie vind nie. Die NSRI en die Sedgefield-polisie is omstreeks 19:40 na die toneel ontbied om met die soektog te help. ʼn Vermistepersone-saak is intussen geopen.

Enigeen met meer inligting wat kan lei tot Ostbo se opsporing word versoek om die Sedgefield-polisie te bel by 044 343 1321.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Cherokee ·

Dink dit was Sisulu wat teen Aus uitgevaar het omdat hulle toeriste waarsku teen SA.

Rupert Ashford ·

Ja sy is kwaad want Aus waarsku hulle burgers teen roof, moord en verkragting en se ook die SAPS se diens is nie op standaard van Aus polisie nie.?

liz ·

Die hele situasie in Suid Afrika spreek van self, niemand hoef niemand te waarsku nie, jy is plain dom om te dink jy is enisins veilig in hierdie land.

Francois ·

Ja nee kyk, as haar selfoon ook agtergebly het op die strand het die kind in die water ingegaan. Booswigte sou NIE die selfoon agtergelos het nie!

Denise ·

Lyk my deesdae verdwyn die mense net wat ek wil weet word die mense nie gewaarsku teen die gevare en dat dit veiliger is om by die groep te bly en liewe nie alleen te loop nie ??????

Bosbok ·

Ek stem saam Francois. Al die besittings wat hulle gekry het sê my ook sy het gaan swem

lizl ·

Kwaaddoeners sou nie die selfoon gelos het nie… Dalk het sy gaan swem en haar misgis met seestrome.

Amelia ·

Jammer maar ek stem nie saam nie. Vandag word jy nie meer vir besittings vermoor nie, maar net omdat moor, moor is. Twee buitelanders in een week in Die Veilige Suid Afrika vermis? Een is dood en ja ek hoop dat sy opgespoor sal word.

Janee ·

Janee die mense lees net selfoon, hoed, skoene maar die JEAN en WIT HEMP wat sy aangehad het . waar is dit? DIT IS AAN HAAR< so het sy daarmee gaan swem?

Gesiggie ·

Dit is vir my so hartseer, om berigte soos dit te lees, want ek kan myself net indink deur hoeveel stress haar Familie en vriende moet gaan… en dan is dit om te weet lewe sy? is sy mishandel, het sy kos?? wat n prag van n meisie… Dinsdag al vermis, dit is Vrydag vandag??? waar kan sy wees… Here mag hierdie nie ook op eindig in iets ergs…. as haar besittings op die strand was, kon sy dalk gaan swem het? twyfel…19H00 dit is dan al bietjie laat?? het iemand haar nie gegryp…dat sy dalk als net laat val het… mag die Engele van die Here met jou wees … sterkte aan die Familie

rollie ·

Sy’t of ‘n dip gaan vang en toe verdrink of selfmoord gepleeg. Die feit dat haar besittings nog op dieselfde plek was en dat daar so vinnig na haar gesoek is, skakel gemene spel heel moontlik uit.

Mrs Bean ·

SA is nie opgewasse om toeriste te akkomodeer nie. Toergidse kan nie na mense omsien, waarsku of beskerm nie want kwaliteit van opleiding is nie wat dit was nie.

Koos ·

Van al die buitelanders wat hier kom vakansie hou kom min iets oor. Dis heel waarskynlik klaarpraat met hierdie jong vrou. Wie weet, sy kon van rotse afgespoel gewees het?

Andrea ·

Ek stem saam. Glo sy is van die rotse af geslaan. Arme meisie.

rynard ·

hello almal sy het vermoedelik by PILIPILI vermis geraak daar is nie rotse in die water waar n mens kan op staan dat die water jou afslaan nie. Maar die afgelope 2 weke toe ek gaan hengel het was daar geweldige strome van sedgfield na swartvlei as sy vermoedelik gaan swem het kon daardie sterk stroom haar gevat het ver al as jy met n jean aan swem wat baie water vat en raak swaar en swemer raak baie gou moeg. Net n ietsie wat ek wou deel mooi aand almal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.