Vermiste NW-vrou se liggaam gevind

Elsa Erasmus. Foto: Facebook

Elsa Erasmus, die vrou van die Schweizer-Reneke-distrik in Noordwes wat sedert Saterdag vermis was, se liggaam is gevind.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig Erasmus se liggaam is naby haar plaas tussen Amalia en Vryburg gevind. Sy het gesê Erasmus se bakkie is ook gevind ʼn paar kilometer van waar haar liggaam aangetref is.

Volgens Moleko sal die oorsaak van Erasmus se dood deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word.

Maroela Media het vroeër berig ʼn grootskaalse soektog is na Erasmus van stapel gestuur nadat sy Saterdag uit haar huis verdwyn het. Hannes de Jager, eienaar van ʼn spoorsnymaatskappy van Hertzogville wat by die soektog betrokke was, het aan Maroela Media gesê Erasmus se familie het bekommerd geraak nadat hulle Saterdag omstreeks 17:30 haar nie telefonies in die hande kon kry nie.

Iemand is na die plaas, waar Erasmus alleen gewoon het, om ondersoek in te stel en het gesien dat die inhoud van die huis omgekeer is asof daar ʼn inbraak was. Erasmus se Toyota Hilux-bakkie was ook vermis.

Volgens inligting op sosiale media was Erasmus 74 jaar oud.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisbraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Adriaan van Wyk ·

Daar raak sy deel van die statestiek. Plaasmoorde sal nooit n prioriteits misdaad word nie. Die plaasmoorde is polities gedrewe. Ons eie president sing dan kill the boer om nie eers praat van Malema nie.

Hanlie Twigge ·

Elsa, jy het dit nie verdien. Jy was so n goeie mens. Ek het jou as klein laerskooldogtertjie leer ken toe ek by jou suster Gerda wat toe saam met my in die klas was naweke op die plaas gaan kuier het. My pa en ma het ook albei vir jou op Hertzogville skoolgehou. Ek onthou hoe jy netbal gespeel het en dat jy ook hoofmeisie van die skool was. Ek dra jou susters Marie en Gerda en jou dogters en hulle familie op aan die Here vir vertroosting. Hanlie Twigge nee du Toit

Jeannette ·

@Anoniem – jammer, maar ek begryp nie jou boodskap nie – 14/88??? …… beteken ……. wat?

Martins ·

Nog n plaasaanval.wanneer gan daar iets ernstig aan gedoen word.

Peet Oberholzer ·

Wanneer ons kan saamstaan, ons geloof en trots weer vind

T ·

Dit is baie tragies om op so mooi ouderdom vermoor te word. Nee wat dit gebeur nog elke dag. Kinders moenie toelaat dat hul ouers alleen op plase woon nie!

Beth ·

Kinders moenie? Sy was 74. Sy het seker self besluit sy wil. My ma is 73. Sy is baie selfstandig. Wil nie afhanklik wees van ander nie. Om nou te se kinders moenie dit toe laat nie, is onnodig. Dit was nie hulle skuld nie.

Joe ·

Ja Beth, moenie, tensy die huis elektries omhein, met beams, honde en gekoppelde alarms aan ‘n sekuriteits mpy. Rowers stap doodeenvoudig in huise in, omdat daar nie veiligheid in plek is nie. Hoop jou ma se huis is veilig.

H ·

Ek stem saam, Ongelukkig is dit die realiteit van vandag dat daar op blankes “gejag” word. Dit is privaat eiendom en die mense het niks op boere se plase verloor nie, en hoekom inbreek en mense vermoor? Maar ja ongelukkig moet ons maar na ons ouers kyk en ons self beveilig by any means possible.

Marisa ·

Ek stem 100% saam met jou. Vroue van daardie ouderdom KAN NIE alleen op ‘n plaas wil woon nie – LANKAL nie meer nie. GEEN vrou kan alleen op ‘n plaas woon nie – jonk of oud.

Manie ·

Ek verstaan dat niemand vermoor mag word vir watter rede ook. Maar ek verstaan nie wat doen iemand van daardie ouderdom alleen op n plaas. My verstand sê vir my hoe tragies ookal die omstandighede in die land laat dit nie toe

Chrisjan ·

Nou waar wil jy he moet sy wees??
Dis haar huis, dis haar inkomste, dis haar pensioen, dis haar lewe.
Die plaas kan nie meer verkoop word vir n ander heenkome nie, niemand wil dit koop nie, die anc wil dit verniet vat en die bank wil nog steeds die verbandspaaiement he.
Skrik wakker man daar is derduisende boere wat vanaand sal pad gee van hul plase as hul n keuse het. Hulle het nie, hulle is uitgelewer, hulle is die kanonvoer.
Jy kan egter gerus wees, wanneer hulle die plase het, kom hulle vir die woonbuurte en besighede.

Hendrik ·

Want dis haar huis. Dis haar plek en sy behoort nie aangeval te word nie! Punt.

Xxxxxxx ·

Die tanie ws dalk 74 maar sy het geboer soos sekere mans nie eers kan nie so vir jou eil ek se sal jy n erfstuk verkoop omdat jy te oud is nee ?? So ws die plaas vir die tanie ❤

Madelein ·

Aan die gemeenskap en familie van tannie Elsa – baie jammer oor julle groot verlies! Tannie Elsa was n pragtige mens.

Elsie ·

Gaan die premier ook vir die Familie iets gaan doen of sy agenda slegs gemik op n eensydige manier van toepassing?

Carien ·

My vraag ook!!! Hoekom so eensydig. Sy was nie ‘n dief nie. Sy verdien nie om vermoor te word deur sotte nie. Jammer maar mens word woedend.

jannie loper ·

daarvoor is jy jammer Carien? praat die waarheid met trots.

John ·

Hoeveel boere… boervroue… bly steeds alleen op hul plase… Hoekom?

Joh 3:16 ·

John dis ‘n maklike vraag met baie uiteenlopende antwoorde. Dit gaan vir baie oor oorlewing. Daar is vandag baie ouer mense wat net moet aanhou werk, omdat pensioen fondse nie alleen meer genoegsaam is nie. Jy kry ook nie maklik kopers vir al die plase nie.

Plaas ·

Want ons het nie n ander plek nie. Dis ons blyplek en werkplek. Dit moet ook eendag dien as ons pensioen. Plase verkoop nie meer nie, moet ons alles so los en in n plakkerskamp gaan intrek?

Vryheid ·

Al die kommentaar van mense wat vra hoekom bly mense op plase alleen is twak. Wie is jy wat besluit wat is veilig of nie! Slegte dinge gebeur met goeie en slegte mense en goeie dinge gebeur met slegte en goeie mense. Elke mens kies sy lewens pad maar jou lewe is nie in jou hande nie.

Hendrik May ·

Al die geskarrel en aanmerkings, niemand gaan baat vind daarby,geen polisie of weermag kan groot genoeg wees om ons almal te beskerm nie,maar met die regte wette in plek kan ons dalk iewers kom

Afrikaner ·

Julle laat dit werklik klink of dit plaaseienaars se skuld is as hul vermoor word. Wie gee enigebiemand die reg om namens ander te besluit wanneer hulke te oud is om op ñ plaas woon. Kriminele het meer sê in hierdie land as belastingbetalers. Vir almal wat sulke katterige aanmerkings maak wil ek vriendelik vra – hou julle kommentaar vir julself. In hartseer tye soos die waar ñ geliefde deur barbare vermink en vermoor word, is daar nie nog tyd om verwyte ook te hanteer nie. Julle ken nie die persoonlike omstandighede nie en ook nie die oorledene. So asseblief spaar die familie verdere seer en trane deur negatiewe opmerkings. Die berig is nie deur die familie geplaas nie., geen sensasie is gesoek nie. Daar is genoeg om huidiglik te verwerk!

C Niemann ·

Dit gaan nie oor alleenbly nie. Mense wat saamwoon gesinne word ook geteiken en vermoor. Ouer mense net meer weerloos. Sterkte aan haar familie en vriende. Dis ‘n boos wêreld daar buite. Die Here gaan ingryp. En dan geregtigheid geskied. Dan sal die moordenaars veroordeel word. Ons kan net bid vir genade en vertroosting. Here staan die naasbestaandes by.. dis hul wat swaarkry. Tannie Elsa is in ‘n beter plek. Daar waar ons almal eendag hoop om te kan gaan. God is by jou in jou uur van nood. Hy sou haar nie los nie

Winston ·

@Plaas, dis feite. Ek is weereens geskok om te lees oor n moord op n 74 jarige vrou op n plaas. Daar is mense wat nog n boerdery kan hanteer op daardie ouderdom. Het n tannie in Vrystaat gekry wat op daardie ouderdom n groot melkkude hanteer het, paar jaar gelede. My eie oom bestuur nog op 83 jarige ouderdom sy plaas en meer. Hulle wil en kan nie elders aanpas nie! Ook nie finansieël nie. Plase te koop is meer as 20duisend. Wat moet hulle doen en waarvan moet hulle leef? Sterkte aan haar naasbestaandes.

Nita ·

Jagseisoen is oop op witmense. Ons moet soos rotte in gate skuil. Wat van ons menseregte om soos n vry mens te kan leef?

Magda Hamann ·

Kan almal asseblief net ophou met die storie dat ouer mense nie alleen op plase moet bly nie. Genugtig dis jou eiendom. Dis jou reg om daar te bly. Baie sterkte aan die dame se familie.

Pastoor ·

Ons moet eendragtig word inni gebed. Gaan lees van Hiskia. God se Doodsengel het op 1 nag 185 000 vyande uitgewis. Hy kan dit weer doen

Anoniem ·

Nou wie is hierdie vyande wat jy van praat? Swart mens? Anc? Ons grootste vyand is sonde.

VanAfrika ·

Anoniem, sonde kan ons nog bely en vergifnis vra daarvoor en vergifnis kry, ons vyand in vlees en bloed het jy klaar vir ons geantwoord

Amalekiet ·

Tannie Elsa was ‘n boer in murg en been en sy het gelewe vir haar beeste. Hoekom is die vraag waarom sy alleen op die plaas gebly het? En al was sy 74 het ek nuus vir jou as jy dink sy was die gemiddelde bejaarde vrou!!! So asof sy iets verkeerd gedoen het? ??? Dis maklik om te dink dis die oplossing maar my ouers bly self ook nog in daardie distrik en het ons kinders al gesmeek hul moet wegkom van die plaas. Alles verniet. Die wat nie boer nie sal nie verstaan nie. Om te boer is nie net in jou bloed nie, dis in jou wese.

Lollie ·

Ons as blanke Suid Afrikaners moet wys dat sulke dinge ons raak en dat ons drastiese optrede soek. As ons so kon opstaan teen Spur en wragtig ń punt kon maak hoekom kan ons nie dieselfde standpunt inneem teen plaasmoorde nie! Komaan Solidariteit neem die voortou en laat ons saamstaan en aandring dat dit prioriteit geniet. Is Spur sage belangriker? Deur die saak kon ons duidelik sien watse verskil kan saamstaan maak. Asb mense kom ons sit koppe bymekaar en DOEN iets. Net praat en verbitterd raak gaan ons nêrens bring nie! Ons kan ń verskil maak!!! Die manier hoe ons tot dusver gewerk het sien ons werp nie vrugte af nie so ons moet iets anders probeer! Ons kan as ons wil want ons het ń groter krag saam met ons maar dan moet ons doen en ophou sit en kla

Hendrik May ·

Al die geskarrel en aanmerkings, niemand gaan baat vind daarby,geen polisie of weermag kan groot genoeg wees om ons almal te beskerm nie,maar met die regte wette in plek kan ons dalk iewers kom

lisaan ·

Enige landsburger het nie reg nie net n voorreg, om in sy of haar land te woon in vrede en nie in vrees nie. Die mense het hul belastings en nog meer betaal. Dit maak van jou n eerbare Landsburger. Dan kom die niemand en vermoor daardie pligsgetroue mens. Skande om die regering van die dag,nog n geloofwaardige regering te noem.

VanAfrika ·

lisaan, dis nie my voorreg om in my land te bly nie, maar my reg. Ek betaal belasting, ek is n gehoorsame landsburger, ek pleeg nie moord of steel ander mense se goed en se dis mnie. My voorouers her bloed gestort vir hierdie grond waarheen God hulle gely het. Aan Sy volk het hy opdrag gegee en gese “aan julle gee ek die grond, wees vrugbaar en vermeerder”. Ons het nie hierdie grond gesteel nie, dis vir ons gegee deur God, dis my reg om hier te wees. Ons was vrugbaar en het vermeerder, nie in die aspek net om voort te plant nie, ons was en is in ander aspekte vrugbaar, ons het onself gekultereer, ons het begin oes, ons het vliegtuie, motors en geboue begin bou, ons het onderig uitgevind en profesies tot stand gebring. Ek sou se dit maak dit my reg om hier te wees

susan forret ·

Ek wonder of die wet daar is vir net party rasse groepe?

Mathys du Preez ·

Boere, sluit julle besighede aan by n groothandelaar wat geslote kring televisekameras verkoop, daar is baie soek sommer op die webtuiste van n fabrikaat wat jy ken, dis nie vuurpylwetenskap nie, as jy n bakkie kan diens kan jy n kamera se draad met n krimp gereedskap beeindig. Dis baie goedkoper om dit self te doen, die goed kan gestel word om mosie te sien en n alarm te sneller, dis maklik, as jy rerig goed raak kan jy dit oor die internet laat stroom na jou slimfoon toe as jy nie tuis is nie.

Cecil Doyle ·

In die ou SA voor die ANC het baie boere gesterf en die vrou het aan gegaan met die boerdery tesame met die volk op die plaas. Dit was haar enigste bron van inkomste vir haar, haar familie en die volk werksaam op die plaas. Hoekom vandag in die nuwe SA word die arme mense vermoor. Die staat ANC wil die plaas vat en die volk of werkers sit sonder werk en n inkomste.
My innige simpatie met die familie. Ek glo en vertrou die moordenaars sal gevind word en seker niks oor kom nie.

Cherokee ·

Jy glo en vertrou die moordenaars sal gevind word en niks oorkom nie? Probeer weer.

Hendrik Eksteen ·

Ek en my gesin was 3 Julie 2010 in n plaasaanval naby Schweizer Reneke. Die een verdagte het ek gewond en al sy makker is gearesteer. Dis presies 7 jaar later en hulle het nog nooit voorgekom ni. Ek was die 22ste van laas maand weer in die streekshof op Wolmaransstad en weereens is die saak uitgestel . SWAK SWAK!!!!! Die hoof verdagte n polisie man van Amalia het net n dr brieffie gestuur en gese hys siek. Vir 7 jaar ry ek op en af van Brandfort FS af Wolmarranstad toe vir niks. Hulle is uit op borg.PATETIES !!!! Om die minste te se.

Cherokee ·

Maar ‘n taxi-drywer het my omgery en toe ek ure in die son staan en hy nie opdaag nie is dit uitgestel. Toe die saak weer verhoor word en ek dit ignoreer en hy opdaag, word dit gekanselleer.

Thunis Cronje ·

Ek woon en boer self op n plaas in Noord Wes en ek sê vir almal daar buite en in die dorpe julle besef nie wat op die plateland aan die gang is nie.My kinders kry raas as hulle buite speel want pa vrees vir hulle by die huis as hy in die lande werk.Al is daar kammeras en lek omhuining en honde en gewere…Iets moet gebeur en gou gou!Want as daar hulp gevra word dan skenk die boer 10 of 20 ton van sy mielies of skenk n skaap of die dorp kan kom water pomp maar dan word jy en jou vrou en kinders vermoor op maniere wat jy nie kan dink moonlik is nie.Die boere raak gatvol want ons is ook net mens.U wil my God nie ons sin nie.Groete

Hendrik Eksteen ·

Ek en my gesin was presies 7 jaar gelede op3 Julie 2010 in n plaasaanval naby Schweizer Reneke. Ekt een gewond en al sy makkers was aangekeer . Vir 7 jaar ry ek op en af van Brandfort in die FS Wolmaransstad toe en vir 7 jaar het die saak nie voorgekom nie. Elke keer word die saak net uitgestel. Die 22 ste van laas maand was ek weer by die hof . Saak weer uitgestel. Die hoof verdagte n polisie man van Amalia het net n dr brief gestuur en gese hys siek. Die verdagtes is al vir 7 jaar op borg uit . PATETIES om die minste te se . SWAK !!!!

Siek en Sat ·

Hendrik….Welkom in die aaklige,korupte suid,_ afrika…Dit is ons lot…!!!

Sakkie du Plooy ·

Solank die ANC en EFF wegkom met die leuen uit die hel dat Wittes grond en welvaart van Swartes gesteel het sal moordenaars aanhou oordeel dat hulle.’n reg het tot moord.

Thunis Cronje ·

Steenkool ek dink nie almal besef hoe naby dit is nie!Dit was iemand se ma en Ouma en vriendin.

Linda van Mosselbaai ·

Sterkte aan almal betrokke. Ons raak sprakeloos – die mense wat die aanvalle loods besef nie hulle sny hulle eie kele af – hoeveel plaasvolk sit nou al sonder werk/ kos na die moorde op witmense.
“Mag God ons genadig wees en onder sy vlerk beskerm. Mag Hy ingryp in die harte wat so wreedaardig is. Ons smeek dit o Heer.
Amen”

Ouer mense het die reg (al is dit vir hule kinders hoe moeilik)
om te bly – waar hulle die gelukkigste is

Hendrik May ·

Al die geskarrel en aanmerkings, niemand gaan baat vind daarby,geen polisie of weermag kan groot genoeg wees om ons almal te beskerm nie,maar met die regte wette in plek kan ons dalk iewers kom

Pastoor ·

Anoniem ons vyande is nie vlees en bloed nie. Lees Effes 6. Hele hoofstuk. Ons vyand vlg Joh 10.10 kom om te moor roof steel ens. Ons moet teen daardie vyand bid

Johannes Meintjes ·

Die tyd en geleentheid om saam te staan teen misdaad in SA is NOU! Daar is tans genoeg geskryf, berig, verslag gelewer, beraad en voorspraak gemaak in en buite SA m.b.t. misdaad en plaasaanvalle. Steeds egter word pleidooie vir samesprekings tussen alle beveiligingskundiges d.m.v. klein en groot politiek, ook in eie geledere, gepootjie. Buurtwagte en die GPF is die “eksperts” want dit is waar die tekkie die teer slaan. Ek moet egter getuig dat die opgewassenheid oor die algemeen nie bestaan om nou deur ‘n “ewolusionere” proses van verbeterde Burgerlike Beskerming te gaan nie. Die gaping tussen reaktiewe polisieering en verdediging, wat destyds deur die Kommandos gevul is, bestaan nie tans nie. Ons ploeter voort!

johny_walker ·

Ag wat dis maar net nog n boer , kom ons braak maar bietjie gal en dan gaan kyk ons bietjie rugby man , dis mos waarvoor so baie van ons ja gestem het destyds , ek onthou nog hoe my pa die ja broers gewaarksu het wat en nou is dit hier , hulle was mos baie clever , nee dit sal nooit gebeur nie , ek onthou hulle leier FW se woorde soos gister ,BLANKE SKOLE SAL BLANK BLY ! en vele ander leuns , waar staan ons vandag

Frans C ·

Mense laat my toe om ‘n woord van waarskuwing hier te plaas.Baie mense vra dat God moet ingryp in ons omstandighede.Dit sal nie gebeur nie want die meerderheid van die blanke bevolking het ingestem dat ons,onsself onderdanig moet maak aan ‘n regering wat God en sy gebod minag.
Die Woord van die Here het nooit ‘n rol gespeel by die Kodesa-onderhandelinge nie asook nie die volke verskeidenheid wat deur die werking van God tot stand gekom het nie.
Vandag is almal ,ongeag hul kleur,slagoffers van misdaad ,wat hoogty vier onder die huidige regering.

Onthou God het toegelaat dat sy uitverkore volk,omdat hul ontrou aan Hom en sy woord
geword het as bannelinge weggevoer word en oor die aarde verstrooi word.Vandag herhaal
die geskiedenis sigself en vestig Suid Afrikaners hul in die buiteland.

Die blanke bevolkingsaanwas hoe eenvoudig nie tred met die van ander bevolkings groepe nie en word steeds ‘n kleiner en dan alhoemeer irrelevant in die oë van die swart regering,wat mooi praat,maar niks doen om die huidige moordveldtog te beëindig nie.
Om te oorleef moet ons eenvoudig,waar ons ookal woon,paraat wees en saamwerk terwille van oorlewing.Word lid van jou plaaslike buurtwag,Ruil kontakbesonderhede
met bure uit.Hierdie regering gaan nie vir ons uitkyk nie,ons moet dit selfdoen.
Selfs ons motors se uitlaatstelsels is nie meer veilig by inkoopsentrums nie.Daar was 4 gevalle geraporteer waar uitlaatstels tydens inkopies afgesny is.

Boer se broer ·

‘n Gedig van Verwoed Kabous #haatliefde kom in die gedagte op. Pragtige gedig oor ‘n verrotte land, die beeldskone Suid Afrika.

leon ·

Ondersteun Afriforum se plaasmoord petisie, ten doel om aan die VN te oorhandig. SMS jou naam na 45353.

Ben ·

Die SAP gee n groot beloning as die skuldige persone gevag word wat die twee SAP lede doodgeskiet het, HOEKOM gee hulle ook nie belonging vir die opspoor van die persone wat die Tannie doodgemaak het of vir alle plaas moorder en die Doodstraf moet teruggebring word.

Susan de Klerk ·

Die Regering is nie haastig om misdaad uit te roei nie. Die sekuriteits bedryf is R40bn werd. Daar is dubbel soveel sekuriteits personeel as polisiemanne. Vra liewers die vraag “Het ons land die grootste sekuriteits bedryf ter wereld en hoekom? Ons het heinings, sensors, alarms en hoe mure. Hoeveel van daardie besighede word deur jou eie mense behartig?

Jeannette ·

Ho nou! Almal skree MOORD ….. terwyl daar nog nie ‘n outopsie gedoen is nie; daar is wel berig gegee van ‘vermoedelike’ inbraak, maar miskien kon die dame vlug in haar voertuig, dalk het skok haar ‘n beroerte of hartaanval laat kry, met dié dat haar liggaam enkele meters ver van haar bakkie gevind is. Ek is amper 99% seker die dame IS aangeval, het gevlug en te sterf gekom in die veld a.g.v. beserings/skok/hartaanval of beroerte. Maar dit is so, so, SO hartseer. Sy het mos niemand niks gedoen nie! En die ergste van alles is – diegene wat ons moet beskerm, nl. die polisie en die regering is te slapgat om iets te doen en keur dit as’t ware goed, want die wit boere het mos ‘hulle grond’ gesteel. Ja-nee, sommer met kaart en transportakte ook, nogal nè! Nou kan die Afrikane van oral oor Afrika sommer maar hier instroom en doodmaak en vat wat hulle wil hê, want die wit boere het mos van Jan van Riebeeck se tyd af by hulle gesteel, ja nè!

SARIE VAN HEERDEN ·

Elsa Erasmus was 74 jaar oud en alvorens jy nie daardie ouderdom bereik het nie en jy is gesond besef jy nie dis maar net ‘n syfer op jou ID nie. Sy het nog ‘n produktiewe lewe gelei.

lisaan ·

VanAfrika, jammer ek sien daar was n vinger-fout met die ” nie en die” dit moes lees …..het die reg. Ek vra onverskoning.

Nico ·

Alle opregte afrikaners wat boere gelofte houers is, kind van die Here is,
Dis met leedwese dat ek verneem Elsa se liggaam is dood gevind. Ons het gebid en gehoop vir beste.
Kom ons begin saam staan, hande vat in die mooi naam van Jesus, en aanhou bid, moenie ophou nie, daar moet uitkoms wees by God. Hy belowe dit. 8uur saans, sit tv af en bid, pleit die bloed van Jesus as beskerming. Die bloed van Jesus is teen die vyand. Trek die wapenrusting van God aan, Effesiers 6;10-20, lees dit bid dit vat hande en vertrou op die God wat is, wat was, en sal wees tot in ewigheid. Elke aand vir paar minute. Asseblief ek bid, bid saam.
Dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.