Vermiste onderwyser dood aangetref

Cobus de Wet. Foto: Facebook

Cobus de Wet, die man wat sedert verlede week vermis was, se liggaam is dié naweek gevind.

Kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn verbyganger het Saterdag De Wet (52) se bakkie in die kanaal by Mount Amanzi naby die Hartbeespoortdam gewaar. Volgens Makau is De Wet se liggaam in die bakkie aangetref.

Makau het gesê ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van De Wet se dood te bepaal. Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek begin.

De Wet, ʼn onderwyser aan die Kings Lighthouse-skool in Brits, is Dinsdagaand die laaste keer by ʼn vulstasie gesien.

Zanlé de Wet, Cobus se dogter, het gesê haar pa het ʼn ruim hart gehad met ʼn plekkie vir elkeen daarin. “Hy was geliefd by vriende, kennisse, leerders en familie.”

Begrafnisreëlings is nog nie bekendgemaak nie. De Wet laat sy vrou en twee dogters agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Surina ·

Hartseer om wonderlikste Onderwyser te verloor. Mooiste herinneringe aan Mnr Kobus wat dissipline kon handhaaf en die hart van n kind verstaan het. Innige simpatie

Marin Barwise ·

Cobus. Jy was een van Laerskool Brits se geliefste onderwysers. ‘n Persoon wat nooit vergeet sal word nie. Jy laat ‘n leemte in baie se lewens, harte en die dorpsgemeenskap.
Jy was opreg en lieflike mens.
Rus in vrede en sterkte aan Hannatjie, Zanlè en Celeste en die De Wet familie.

George ·

Oprechte deelneming (innige sympathie) met uw verlies ! Ik heb hem zelf nooit gekend, maar hy komt wel sympathiek over op de foto. Beroerd voor iemand om zo aan zijn einde te komen.

Brit ·

Hoeveel goeie mense soos Cobus gaan ons land se gevaarlike paaie nog opeis? Brits het in ‘n slagveld van onskuldiges verander. As dit nie protesters is wat mense aanval nie is dit onpadwaardige voertuie wat onskuldige mense van die paaie af ry en regering wat nie paaie onderhou soos wat hier gebeur het. Cobus, jy was n wonderlike mens en die land is baie armer sonder jou. Mag die skuldige gou opgespoor en vervolg word.

Afrikaanse Knaap ·

Dankie vir die artikel. Hy klink na ‘n gawe oom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.