Vermiste onderwyser se liggaam gevind

Argieffoto

Die liggaam van ʼn laerskooljuffrou van Mafikeng in Noordwes wat sedert Sondag vermis was, is gevind.

Kapt. Yvonne Maqoboza, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou, Thulisile Ngwenya (56), is Sondag as vermis aangemeld.

“Ngwenya was ʼn onderwyser aan Lekoko Primary School buite Mafikeng en is Saterdagoggend vir die laaste keer gesien toe sy na ʼn bank in die dorp gegaan het,” het Maqoboza gesê. “Haar voertuig, ʼn Mazda CX3, is later verlate naby die taxistaanplek in die dorp opgespoor.”

Die polisie vermoed sy is ontvoer en vermoor.

ʼn Herder het Woensdag op Ngwenya se liggaam, wat reeds begin ontbind het, in bosse naby die Lorwaneng-nedersetting afgekom.

Die Mafikeng-polisie ondersoek ʼn saak van moord en ontvoering. Die oorsaak van haar dood is nie bekend nie en sal deur ʼn nadoodse ondersoek vasgestel word.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris vir Noordwes, het die voorval en alle dade van geweld teen vroue en kinders veroordeel. “Dit kan nie normaal wees dat vroue en kinders nog ontvoer en vermoor word nie. Die saak sal die nodige aandag verdien om seker te maak dat diegene wat hiervoor verantwoordelik is, vervolg sal word,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kiepie ·

Maak nie saak wie jy is nie, jou lewe is darem niks werd deesdae nie. Die absolute brutaliteit en onmenslikheid gaan die verstand te bowe.

Julian ·

Die saak sal al die nodige aandag geniet om die kwaad doeners vas te trek. Wat is die verskil tussen hierdie en elke blanke moord in die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.