Vermiste onnie veilig gevind

Werner Stander, ʼn 47-jarige onderwyser van Brackenfell in Kaapstad wat Maandag spoorloos verdwyn het, is veilig gevind.

Sers. Botsotso Mjiwu, woordvoerder van die polisie, het gesê Stander is Dinsdag ongedeerd op die N1 buite die One Stop in die rigting van Paarl in sy voertuig gevind. “Hy is in ʼn mediese fasiliteit opgeneem,” het Mjiwu bygevoeg.

Maroela Media het vroeër berig Stander se vriendin het hom Maandag as vermis aangemeld nadat hy omstreeks 06:40 van hulle huis in Edenpark werk toe vertrek het, maar nooit daar aangekom het nie. “Hy het met sy wit Corsa-bakkie, met die registrasienommer CCC11148, weggery,” het Mjiwu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

35 Kommentare

jongste oudste gewildste
Marlene Bothma

Bly om te hoor

Juffrou

Moeilike beroep? Nog nooit! Wat n plesier om elke dag vriendelike gesiggies te sien en soveel liefde te ontvang. Doen dit 1000 keer eerder as om met sommige onbeskofte ouers te werk wat nie tyd het vir hul eie kinders nie. Ure op sosiale media en ‘n onvermoë om hul kinders emosioneel te onderdsteun is mos die nuwe “normaal”. Hoe jammer tog dat basiese ouerskapskursusse nie verpligtend is nie.

Bekommerde

Ons is verheug dat die man lewendig gevind is.
Voor almal nou wilde aannames maak – sal mens eers die man se volledige storie moet hoor.
In die tussentyd kan ons gerus vir al die onderwysers, ouers(voogde en pleegsorg ook) en kinders (myne, joue en ander s’n) bid .
Sterkte aan almal – ons krag kan ons net kry van God.

Onnie

Dis asof die publiek en MAMMAS EN PAPPAS nie besef deur hoeveel druk ons gaan nie agv hulle nie teenwoordige gedrag en optredes nie. Die GEHOORSAME pappas en mammas maak dit uiters moeilik by die skool. Hulle kiddies wat ALLES kry maak dit moeilik, as mens daai moeilike kinders uitskyf is jy die slegste onderwyser. Min onthou daai pa of ma dat ñ pakslae in daai jare hulle respek geleer het en ook gekry het waar hulle nou is. Nou stop hulle daai kind vol met geld en ons omderwysers moet daai kind maniere probeer leer en die salabus probeer… Lees meer »

Adam

Onnie, ek glo dat baie ouers bereid sal wees om aan hulle “gesindheid” te werk indien jy onderneem om die volgende reg te stel:
Salabus; Sillabus of leerplan
Disipline: Dissipline
Ek volstaan met die twee en ek hoop jy stem saam dat beide ouers en onderwysers mank gaan volmaaktheid.