Vermiste onnie veilig gevind

Werner Stander, ʼn 47-jarige onderwyser van Brackenfell in Kaapstad wat Maandag spoorloos verdwyn het, is veilig gevind.

Sers. Botsotso Mjiwu, woordvoerder van die polisie, het gesê Stander is Dinsdag ongedeerd op die N1 buite die One Stop in die rigting van Paarl in sy voertuig gevind. “Hy is in ʼn mediese fasiliteit opgeneem,” het Mjiwu bygevoeg.

Maroela Media het vroeër berig Stander se vriendin het hom Maandag as vermis aangemeld nadat hy omstreeks 06:40 van hulle huis in Edenpark werk toe vertrek het, maar nooit daar aangekom het nie. “Hy het met sy wit Corsa-bakkie, met die registrasienommer CCC11148, weggery,” het Mjiwu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Juffrou ·

Moeilike beroep? Nog nooit! Wat n plesier om elke dag vriendelike gesiggies te sien en soveel liefde te ontvang. Doen dit 1000 keer eerder as om met sommige onbeskofte ouers te werk wat nie tyd het vir hul eie kinders nie. Ure op sosiale media en ‘n onvermoë om hul kinders emosioneel te onderdsteun is mos die nuwe “normaal”. Hoe jammer tog dat basiese ouerskapskursusse nie verpligtend is nie.

Liefdevolle ouer ·

Pasop wat jy sê. Kyk maar eers na jouself voor jy slegpraat van ander. Tipiese onderwyseres houding. So boelie jul gewoonlik die kinders ook van wie se “ouers” julle nie hou nie. Ken jou soort

Gewese onnie ·

Dink nie almal deel jou ervaring met die onderwys. 2 Jaar in die onderwys het my geknak! Maklik is dit beslis nie…

Bekommerde ·

Ons is verheug dat die man lewendig gevind is.
Voor almal nou wilde aannames maak – sal mens eers die man se volledige storie moet hoor.
In die tussentyd kan ons gerus vir al die onderwysers, ouers(voogde en pleegsorg ook) en kinders (myne, joue en ander s’n) bid .
Sterkte aan almal – ons krag kan ons net kry van God.

Onnie ·

Dis asof die publiek en MAMMAS EN PAPPAS nie besef deur hoeveel druk ons gaan nie agv hulle nie teenwoordige gedrag en optredes nie.
Die GEHOORSAME pappas en mammas maak dit uiters moeilik by die skool. Hulle kiddies wat ALLES kry maak dit moeilik, as mens daai moeilike kinders uitskyf is jy die slegste onderwyser. Min onthou daai pa of ma dat ñ pakslae in daai jare hulle respek geleer het en ook gekry het waar hulle nou is.
Nou stop hulle daai kind vol met geld en ons omderwysers moet daai kind maniere probeer leer en die salabus probeer afhandel en suksesvol probeer oordra na balhorige kinders toe…

Ek is jammer maar jy as GEHOORSAME ouer plaas baie druk op ons as onderwyser toe deur nie die regte disipline en respek toe te pas nie.

Lee ann Barney ·

Onnie ek dink jy sit die pot mis. Dit gaan nie oor soet ouers en stout kinders nie, daar staan tog hy is ongedeerd gevind waaroor ek bly is en dat hy in n mediese fasiliteit opgeneem is, so jy kan nie net aanneem dat sy beroep hom gedryf het tot wat ook al nie, maar dit klink of jy n probleem het het die kinders in jou klas en hul ouers?

Frikkie ·

Ons as onderwysers se geestes toestand lei daaronder. Fie laerskool kinders is ñ plesier om voor skool te hou en ons kennis aan oor te dra, maar die hoërskool kinders en hulle ouers maak dit eenoudig net ondraaglik. Dis ñ wonder my verstand en senuwees hou dit nog. Ek geen ie meer om nie, die wat hul kant bring en aanhoudend werk help ek met graagte maar die wat net daar is agv hul ouers se skatte los ek. Hulle maak die lewe onlesierig, soos bogenoemde genoem het; GEHOORSAME PAPPAS EN MAMMAS, siestog

anton ·

Onnie…..jy slaan die spyker 100% op die kop!!!
Dit is presies hoe dit gaan in vandag se tyd in die land van ons!!!
Dit het nag geword in die land.
Ek wil nie jou beroep he vir geen geld in die wereld nie!

Br ·

Ek weet glad nie wat die rede is nie en glo ook nie dit gaan ons aan nie, maar glo ook dit is spanning van sy beroep. Dit is erg, ek hoor wat die een Juf sê, maar daar is n verskil om vir gr1 klas te gee teenoor gr9/10/11& 12. Die onderwysers kry geen ondersteuning nie en word vinnig deur die skool, beheerraad vir die wolwe gegooi ipv by die onderwyser te staan. Sterkte Mnr hoop jy voel vinnig beter

ouer ·

so baie om te se oor balhorige kinders Onnie hoekom dan n skuil naam gebruik?

Marte ·

Onnie moet miskien nie kinders uitskyf nie, liewer uitskuif

Veritas ·

AAN ALLE ONNIES.
Jy het die keuse gemaak om onderwyser/es te word. Hou nou op Jannie Jammerte speel en doen jou werk. Sorg net dat jy dit reg, toegewyd en ordentlik doen anders sál die ouers jou aanvat

Jack Russl ·

Moet nie almal in dieselfde boksie sit nie. Ons het ondervinding van beide kante.

Van ouers se kant af is daar onderwysers wat omgee en ander wat net daar is omdat hulle ‘n salaris soek.

Van onderwysers se kant af is daar ook ouers wat net kinders vol geld stop en alle probleme le by die onderwyser, maar daar is ook ouers wat werklik omgee en moeite doen met hulle kinders en saam met die onderwysers wil staan

Yolandi ·

Ja nee so het ek ook op Laerskool al geleer van hierdie tipe onderwysers wat oordeel en veroordeel en voortrek en dink hulle kan doen en sê net wat hulle wil. Lekker agteraf ook. Pasop vir jou mond

Adam ·

Onnie, ek glo dat baie ouers bereid sal wees om aan hulle “gesindheid” te werk indien jy onderneem om die volgende reg te stel:
Salabus; Sillabus of leerplan
Disipline: Dissipline
Ek volstaan met die twee en ek hoop jy stem saam dat beide ouers en onderwysers mank gaan volmaaktheid.

Ellisras ·

Soos (oorlede) Oubaas van 7 de laan sou gesê het. Onnie het die klok hoor hang. Maar hy weet nie of daar ‘n bel lui nie.

Helena. ·

Onnie het n geldige punt..as ouers by die huis begin met disipline is daai kind op skool al klaar op die wen pad. Hy/sy sal verantwoordelik wees, eerlik, en met entoesiasme sy skoolwerk doen. Kinders het baie ure se opvoeding nodig tuis en ouer MOET teenwoordig wees in hulle lewe al is dit net om n goeie voorbeeld te stel. Onnie moenie sleg voel oor kritiek..it takes al lot of people to make the world go round.

Ellisras ·

Kom ons sê net Parrow is ‘n baie unieke plek. Noord nog meer uniek.

Angel ·

All these problematic school children are the future workforce in this country. This is what management will have to deal with on a daily basis leading to tremendous stress.
Bly om te hoor die onderwyser is veilig gevind.

Rerig ·

#ouer
Ek sou ook ‘n skuilnaam gebruik as ek Onnie was. Dis reeds vir mense soos jy wat hul skuilname gebruik

JohanL ·

Ja en die ironie is “ouer” gebruik ‘n skuilnaam om “onnie” uit te trap oor sy/haar skuilnaam. Eish?

Jacques die Goodwoodianer ·

Nie geweet hy bly in Brackenfell nie. Dog hy bly self ook hier in Goodwood waar hy skool gee.

Ons weet wat met “Dog” gebeur het…

JohanL ·

Volgens ‘n ander berig op ‘n ander webwerf, was sy verdwyning nie “skoolverwant” nie.

Sterkte aan Mnr Stander in sy herstelproses.

Onbeskofte skoolkinders en brats ·

Ek is bly die person is veilig en ongedeerd.

Onnie jy praat nogals waar. Die jong skoolkinders het geen respek meer nie. Nou die dag in die winkel, buite die Mammie se gesigsveld en gehoor, snou Mammie se engeltjie ‘n bejaarde oom en tannie die mees vieslikste woorde toe omdat hulle voor hom ïngedruk” het om iets van die rak af tehaal. ‘n Ander kliënt in die winkel spreek toe die kind hard en duidelik aan en die Ma kom toe daar aangestorm en gaan soos ‘n viswyf te kere om haar engeltjie wat niks verkeerd kan doen nie te beskerm. Miskien lewer die Ma kommentaar hier en herken die gebeure soos beskryf.

Jack Russl ·

Ja nee, daardie engeltjies. Ons hardloop gereeld parkruns en myruns. ‘n Paar maande terug het ons kinders uitgewys wat groot gedeeltes van die baan uitgesny het. Toe is daardie ma so vreeslik kwaad dat ons uitwys hoe haar engeltjie verneuk. My kinders werk hard, net om te sien hoe ander die helfte doen en nogsteeds voor hulle klaarmaak.

Thelsa ·

Dit is daardie balhorige en arrogante kinders waarvan Onnie praat wat ons in die arbeidsmark mee opgeskeep sit. Hulle kom en demand alles en wil ook sommer bo in die maatskappy begin. Van dissipline weet hulle niks. Is nie produktief nie en probeer so min as moontlik doen vir solank as moontlik. En dit is maar net ons blanke kinders waarvan ek nou praat. Met die persone is nog erger.

Gforce ·

Gewoonlik as n mens nie weet wat om te gaan swot nie…word jy maar n onnie..
Maklikste werk ooit, wat se stress kan jou so iets laat aanvang?
Kry n beter werk dan en hou op moan.

Z ·

Regtig Gforce?
Jammer om van jou nonsens te hoor. Party van ons is regtig geroep vir hierdie edel beroep om ook JOU kinders op te voed, terwyl jý vir hulle met jou negatiewe gesindheid beïnvloed.
Nou wonder ek hoe jy kan neerkyk op iemand wat jou geleer het om te kan skryf. Het jy al so iets probeer doen vir iemand anders, of praat jy maar net met geld?

Gewese onnie ·

En jy was al n onnie? Voor jy nie in een se skoene gestaan het kan jy glad nie praat nie… dis die mees ondankbare werk wat daar is. Min mense besef die waarde van n onderwyser.

HP ·

Onsin Gforce. Jy het duidelik nie `n benul waarvan jy praat nie.

hercu ·

ons samelewing het nie probleem kinders nie, maar wel probleem ouers!!

Toe nou ·

Ag toe nou, ons almal weet as mamma en pappa vir juffrou op haar verjaardag bederf met sjokoladetjies en wyn en n paar randjies aan die skool skenk, is jou kind n uitblinker, n prefek, hoofmeisie of hoofseun. Als gaan oor hoe juffroutjie omgekoop word. Seblief!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.