Solly Mokoetle se gesin het hom Vrydag omstreeks 22:00 die laaste keer gesien by hul huis in Mount Edgecombe in Umhlanga, KwaZulu-Natal. Hy het glo na die buitehek gestap om iemand te ontmoet waarna hulle hom nie weer gesien het nie.
Die polisie het intussen Woensdag bevestig dat Mokoetle in die Mahatma Gandhi-hospitaal opgespoor is. ʼn Polisiebeampte het Mokoetle in die hospitaal besoek, maar hy kon toe glo nie praat nie.
Zola Ntuli, Mokoetle se vrou, het gesê sy is verlig dat haar man lewe en dat sy vermoed dat hy dalk ʼn beroerte gehad het. Volgens Ntuli was sy die naweek drie keer by die hospitaal, maar is daar aan haar gesê dat daar slegs twee ongeïdentifiseerde persone is en dat albei vroue is.
Mokoetle het tussen 2001 en Desember 2006 as die hoofbedryfsbeampte van die SAUK gedien. Hy is in 2009 as uitvoerende hoof aangestel, maar die nuwe SAUK-raad het in 2010 sy aanstelling bevraagteken. Hy het in Januarie 2011 bedank en ʼn goue handdruk van sowat R3,4 miljoen gekry.
Te veel kry goue handdrukke van miljoene rande. Dis belaglik !!! As jy nie jou werk kan doen nie en jy is in hoe poste aangestel is n goue handruk jou voorland.
Eintlik gehoop dis die huidige ou …genade wat hy nie nog gaan kwyt raak met sy persentasies en media blokkeerings …wat n joke !
Shame seker geskok oor die nuwe programme op TV